Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Staat wil Pikoli se bekendmaking stuit
pdutoit@beeld.com Die staat wil keer dat adv. Vusi Pikoli, geskorste nasionale direkteur van openbare vervolging, sensitiewe inligting in die openbare domein laat beland. Die staat gaan vandeesweek ’n aansoek bring om te vra dat sekere dele van die kommissie van ondersoek se werk in camera geskied. Pikoli se regsverteenwoordiger het Vrydag ’n versoek van die staat se regspan ontvang waarin gevra word dat die openbaarmaking van Pikoli se voorlegging aan dr. Frene Ginwala se kommissie van ondersoek uitgestel word totdat die aansoek voor die hof gebring kan word. Ginwala is aangestel om die geskiktheid van Pikoli vir sy pos te ondersoek. “Ons het as ’n hoflikheidsgebaar ingestem om aan die staat se versoek te voldoen,” het mnr. Aslam Moosajee, Pikoli se prokureur, gister gesê. “Pikoli bly egter vasberade om die inligting openbaar te maak.” Moosajee was nie bereid om kommentaar te lewer oor ’n berig gister in die Sunday Independent dat die staat ’n skikkingsvoorstel aan Pikoli gemaak het nie. Hiervolgens sal Mbeki Pikoli se skorsing heroorweeg sou hy instem om te bedank. Die aanbod is glo gedoen om die president enige verleentheid te spaar sou Pikoli sy voorlegging bekend maak. Pikoli verskaf in sy voorlegging glo besonderhede oor wat hy aan Mbeki en andere gesê het oor korrupsieklagte teen die geskorste nasionale polisiehoof, komm. Jackie Selebi. Die president se kantoor het dié bewerings gister as “belaglik” afgemaak. Mnr. Mukoni Ratshitanga, pres. Thabo Mbeki se segsman, het gesê die staatshoof se kantoor “weet niks” van die beweerde skikking nie. Ratshitanga wou nie bevestig of só aanbod aan Pikoli gedoen is nie: “Ek is nie in dié werk om stories te bevestig wat duidelik nie eens deur gr. 4’s, kinders in ’n kleuterskool of ’n crèche uitgedink kon word nie!” Ginwala het verlede week gesê die meeste voorleggings wat deur die kommissie oorweeg sal word, is nie vertroulik nie, maar dat die besluit om dit openbaar te maak by die betrokke partye berus. Pikoli is verlede September deur Mbeki geskors vanweë die verbrokkeling van die werkverhouding tussen hom en die minister van justisie, me. Brigitte Mabandla.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|