Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Waterkloof-4 nie self by die hof
Apr 28 2008 09:51:27:447PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Frikkie du Preez, Reinach Tiedt, Gert van Schalkwyk en Christoff Becker buite die Pretoriase landdroshof. Foto: Felix Dlangamandla
Neels Jackson en Sapa


Vriende en familie van die sogenaamde Waterkloof-4 het die Pretoriase hooggeregshof volgepak waar hul appèl teen hul moordvonnis Dinsdag begin.

Die vier beskuldigdes - Christoff Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt - het egter nie self by die hof opgedaag nie.

Die appèl teen hul skuldigbevinding en vonnis - hulle is elk tot 12 jaar tronkstraf gevonnis weens moord - begin vandag en sal na verwagting 'n paar dae duur.

Die appèl word deur ’n volbank regters aangehoor bykans vier jaar nadat hul verhoor in die Pretoriase streekhof begin het en meer as ’n jaar nadat hulle deur streeklanddros Len Kotzé gevonnis is.

Die vier was ná hul vonnisoplegging op 30 Januarie verlede jaar minder as ’n halfuur agter tralies omdat hulle op borgtog hangende hul appèl is.

Hulle is skuldig bevind op ’n aanklag van moord nadat hulle in Desember 2001 ’n onbekende man in ’n parkie in Moreletapark, Pretoria, doodgeslaan het. Hulle het ook dieselfde aand ’n man in ’n ander voorval aangerand.

Kotzé het tydens die vonnisoplegging geen doekies omgedraai oor die wreedheid van die aanval en die vier jong mans se gebrek aan berou nie.

Adv. Jaap Cilliers SC se aansoek om appèl teen die skuldigbevinding en vonnis is onmiddellik toegestaan. Hy beskryf in hofstukke die vonnis as skokkend en beweer die hof het gefouteer om die vier aan moord en aanranding skuldig te bevind omdat hulle tydens die voorval kinders was.

Becker, Du Preez en Van Schalkwyk was 16 jaar en Tiedt 15 jaar oud in Desember 2001.

Cilliers meen die staat het nie sy saak bo redelike twyfel bewys nie omdat die beserings soos deur die staatsgetuies beskryf is, nie op die lyk gevind is nie.

Daarvolgens is die man met ’n staalpunt-skoen só hard in die gesig geskop dat die staalpunt ingeduik het. Die lyk het egter geen beserings aan sy gesig gehad nie. Cilliers voer aan die lyk in die parkie is vermoedelik ’n misdadiger wat êrens anders beseer is en daar gesterf het.

Die vier het ook ontken dat hulle hul slagoffer met 'n skerp voorwerp gesteek het.

Becker was die enigste van die vier wat getuig het. Kotzé het sy weergawe dat hulle “helde” wou wees, as vals afgemaak. Die vier is elk op borgtog van R10 000 hangende die appèl-uitslag.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |