Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Steve gryp joernalis
May 01 2008 08:57:27:903PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Steve Hofmeyr eergisteraand op die Deuriemikke-verhoog op Loftus Vers?feld. Foto: Jaco Marais
Christel Raubenheimer

Steve Hofmeyr het glo eergisteraand ’n verslaggewer aan die keel gegryp op die Deuriemikke-musiekkarnaval op Loftus Versfeld in Pretoria.

Gavin Prins, vermaaklikheidskrywer van Rapport en ’n aanbieder van die TV-skinderprogram Glitterati, het vroeër opdrag gekry om vas te stel of Hofmeyr se gewildheid aan die afneem is.

Dít het gekom ná die debakel oor Hofmeyr se buite-egtelike verhouding met me. Janine van der Vyver.

Prins het gesê hy het verskeie oproepe oor Hofmeyr se gewildheid gemaak. Iemand het Hofmeyr skynbaar oor sy navrae ingelig.

Hofmeyr was een van verskeie Afrikaanse kunstenaars wat op die karnaval voor sowat 22 000 mense opgetree het.

Volgens Prins het Hofmeyr hom aanvanklik met “doodsoë” in Loftus se presidensiële losie aangekyk. Kort daarna het Hofmeyr op hom afgestorm en hom in die kroeggedeelte aan die keel gegryp.

“Ek het gedink ek gaan teen die muur opgemoker word. Dis amazing hoe groot sy hand is. Al wat ek gehoor het, was: ‘Gaan k*k’. Sy oë was só groot.”

Hofmeyr het glo gesê Prins moet hom, sy familie, vriende en kliënte uitlos, waarna Prins glo verduidelik het dat hy bloot opdragte uitvoer.

Die res van die belangrike besoekers het glo roerloos toegekyk.

Hofmeyr het gister op sy webwerf gesê hy kon agter die verhoog ’n “woordjie wissel met Gavin”. Hy het ’n paar minute ná die voorval opgetree. Hofmeyr kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.

’n Lid van sy bestuurspan, me. Lindi du Preez, het wel erken “daar was glo woorde tussen Steve en Gavin”.

“Dis geen geheim dat Steve moeg is om pal deur sekere media privaat en professioneel ondermyn te word nie.”

Prins oorweeg dit om ’n klag van intimidasie teen Hofmeyr in te dien.

“Sy koppie raas. Mense dink hy is God en hy begin dit self glo,” het Prins gesê.

“In my kop is hy net ’n patetiese karakter. Ek het ook onmiddellik teruggedink aan die voorval destyds by die KKNK. Dis alles voorgee, ’n sepie. Dís waaroor sy lewe gaan.”

Tydens dié KKNK-voorval in 2002 het Hofmeyr Jan-Jan Joubert ’n opstopper gegee nadat ’n kritiese berig oor hom in die feeskoerant gepubliseer is. Joubert was die feeskoerant Krit se redakteur.

Tim du Plessis, redakteur van Rapport, het gister gesê die koerant betreur die voorval. Dit is hul werk om verslag te doen oor mense met hoë profiele wat nuus maak.

“Steve Hofmeyr is die meester van sy eie lot en ons doen net ons werk.”

Volgens Du Plessis het Rapport geen veldtog teen Hofmeyr of enige ander bekende mens nie.

Prins kan besluit of hy stappe teen Hofmeyr wil doen en die koerant sal staan by hul joernalis, het hy gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |