Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Steve sê oor joernalis-gryp
    May 02 2008 07:29:05:717PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Steve Hofmeyr en sy vrou, Natasha.
    Verwante Berigte
  • Steve gryp joernalis
  • Philip de Bruin

    ‘Waar dit gaan om die beskerming van my gesin en my loopbaan, sal ek my lewe opoffer – al beteken dit dat ek tronk toe sal moet gaan.”

    Dít was gister die reaksie van die sanger-akteur Steve Hofmeyr oor ’n voorval waarin hy en die Rapport-verslaggewer Gavin Prins Woensdagaand in die presidensiële losie op Loftus Vers?feld in Pretoria betrokke was.

    Hofmeyr het sommer terselfdertyd “hardnekkige gerugte” dat hy en sy vrou, Natasha, gaan skei, die nek ingeslaan en ontken dat hy reeds die egpaar se huis in Midrand verlaat het.

    Nie net is die gerugte “loutere snert” nie, hy en Natasha gaan binne die volgende paar maande ’n tweede huweliksplegtigheid hou “om opnuut ons huweliksbeloftes aan mekaar te doen”.

    Hofmeyr was een van die kunstenaars wat by die Deuriemikke-musiekkarnaval op Loftus Versfeld opgetree het.

    Volgens Prins het Hofmeyr hom aan die keel “gevat” oor verskeie oproepe wat Prins gemaak het om Hofmeyr se gewildheid te bepaal.

    Hofmeyr sê verskeie mense het hom die laaste paar dae laat weet dat Prins besig is met sulke navrae ná die bom wat gebars het oor sy verhouding met me. Janine van der Vyver.

    “Sulke navrae by mense met wie ek sake doen, stel my loopbaan in gevaar.

    “Ja, ek het vir Prins die aand by Loftus duidelik vertel wat ek van die situasie dink. Ek het nog nooit gekla as ’n verslaggewer sy werk doen nie.

    “Dit is hul goeie reg, maar ek laat nié met my gesin en my beroep mors nie.

    “Enkele jare gelede het ek vir Jan-Jan Joubert (van Beeld se susterkoerant, Die Burger) by die KKNK bygedam oor ’n resensie waarin my skoene aangeval is.

    “Let wel: my skoene, nie my sang nie. Net so het dít waarmee Prins besig was, myns insiens neergekom op die beswaddering van my loopbaan weens ’n buite-egtelike verhouding.”

    Mnr. Peet Viljoen, Hofmeyr se prokureur, het gister gesê hy en Hofmeyr sal binnekort ’n besluit neem oor “ ’n moontlike interdik teen Prins en/of Rapport” omdat Hofmeyr se loopbaan skade kan ly.

    “Steve het mnr. Prins nooit aan die keel gegryp nie. Steve het vorentoe gestruikel en teen mnr. Prins aangeleun.”

    Prins het gistermiddag gesê: “Daar was niks van ’n gestruikel nie.

    “Steve het sy hand om my nek gesit, maar my nie gewurg of gedruk nie.

    “Hy het sag met my gepraat en nie geskreeu nie.

    “Ek het steeds baie agting en respek vir hom, maar hy moet net meer volwasse optree. Ek gaan ook beslis geen klag van intimidasie indien nie.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |