Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Drie keelaf gesny
May 02 2008 09:19:36:983PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Lyk word uitgedra. Foto: Johann Hattingh
Magdel Fourie

’n Vrou in ’n rolstoel, haar man én haar versorger is gisteroggend grusaam in hul huis in Florida in Roodepoort aan die Wes-Rand keelaf gesny.

Hul dogter het kort daarna, met die bedoeling om vir haar ouers in Beaconstraat naby die Flora-winkelsentrum te gaan “hallo sê”, op hul verminkte lyke afgekom.

Mev. Hettie Bakersma (57) se lyk is gevind waar sy op haar sy langs haar motoraangedrewe rolstoel in die sitkamer gelê het.

Me. Elsje Wouda (40), haar versorger, het net enkele meter weg ook dood op die bank gelê.

Die lyk van Bakersma se man, Douwe (57), ’n dosent aan die Krugersdorp Tegniese Kollege, het in die voorportaal teen ’n oop voordeur gelê.

Al drie is keelaf gesny, het kapt. Siphiwe Ndlovu, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Beeld se inligting het die aanval omstreeks 07:00 gisteroggend plaasgevind.

Ook mev. Bakersma se ma, me. Jopie Durieux (83), het bloeiend met ernstige steekwonde aan haar nek en buik op die sitkamervloer gelê.

’n DVD genaamd The Ladykillers het nog onheilspellend in die DVD-speler in dié vertrek gedraai.

Durieux is in ’n kritieke toestand na die nabygeleë Flora-kliniek gejaag.

Maar met niks wat tot dusver uit die huis vermis word nie, is die motief vir dié gru-moorde nog duister, het Ndlovu bygevoeg.

Daar blyk ook geen gedwonge toegang te gewees het nie.

Beeld het wel betroubaar verneem die aanvaller was moontlik aan die egpaar bekend en het dalk in ’n stadium in hul tuin gewerk.

Me. Hiltje Bakersma (29) en mnr. Shannon Kriel, haar verloofde met wie sy later vanjaar gaan trou, het kort ná 13:00 op dié gru-toneel afgekom, het Kriel gister gesê.

Die egpaar se jongste seun, Douwe (25), het ook geskok van buite die huis die toneel aanskou.

“Hulle was die nice ste mense, sulke ongelooflike oprégte Christene. Ek kan nie dínk hoe kon iemand só iets aan h?lle kon doen nie,” het me. Linda van Coppenhagen, ’n vriendin van Douwe Bakersma jr., in trane gesê.

Douwe Bakersma jr. tree oor ’n maand as baritonsanger op in Don Pasquale, ’n opera deur Donizetti, wat in die Musaion by die Universiteit van Pretoria opgevoer word.

Mev. Bakersma was jare lank in ’n rolstoel sedert haar been weens kanker geamputeer is.

Sy het ook ernstige artritis in haar hande gehad.

Dít was nie die enigste trauma wat die vermoorde egpaar se kinders vandeesweek moes deurmaak nie.

Hul ouma aan vaderskant wat oorkant die straat van die vermoorde Bakersmas gewoon het, is Maandag weens kanker dood.

Die egpaar het nog ’n seun, Jan, en ’n dogter, Anneke.

Teen druktyd was Durieux steeds kritiek, maar stabiel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |