Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Winner sing dalk by Steve se hertroue
May 04 2008 07:57:14:990PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Steve sê oor joernalis-gryp
  • Steve gryp joernalis
  • 'As ek net Natasha weer kan sien lag'
  • Philip de Bruin

    Die Belgiese sangeres Dana Winner, wat pas ’n suksesvolle konserttoer in Suid-Afrika gehad het, gaan moontlik op die tweede huwelikseremonie van Steve en Natasha Hofmeyr sing.

    Hofmeyr sê hy het reeds so ’n versoek aan Winner gerig “en ek wag nou op haar antwoord”.

    Die hertroue, “nadat ek en Natasha se huwelik die laaste maande baie gespanne was en ons vlak by ’n egskeiding omgedraai het”, gaan ’n uithang?geleenheid soos min wees.

    Die spanning waarvan Hofmeyr praat, is weens die bekendmaking van sy jare lange verhouding met me. Janine van der Vyver van Pretoria. Die twee is nou in hofgedinge teen mekaar betrokke.

    Hofmeyr is mede-eienaar van die hotel op Jacobsbaai aan die Weskus, maar sê hoewel die troue aan die Weskus gaan wees, gaan dit nie in die hotel gehou word nie.

    “Ek dink die hotel is te klein daarvoor. As ek so kyk na die gastelys wat ek en Natasha saamstel, gaan daar heeltemal te veel mense wees.

    “Maar dit gaan iewers aan die Weskus wees.”

    Op ’n vraag of hy ’n baie romantiese geleentheid beplan, sê Hofmeyr met ’n lag in sy stem: “Ek werk nog aan die detail.”

    Hy wil ook nog nie die datum bekend maak nie. Oor een ding is hy egter beslis – geen media sal op die hertroue wees nie.

    “Dit is Natasha se wens en ek eerbiedig dit. Ons gaste kan binnekort hul uitnodigings en vliegkaartjies in die pos verwag, want ons gaan dit ordentlik doen.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |