Raad vir die vraat
Beheervraat? Lees die volgende definisies en besluit self.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Duisende voëlkykers stroom na skou in Jhb
May 04 2008 08:22:29:640PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Daar was gister nie sprake van "'n uil op 'n kluit" by die Johannesburg-dieretuin nie toe menige voëlkyker die koue getrotseer het om na die uile by die jaarlikse Sasol-voëlskou te gaan kyk.

Die tweedaagse skou het eergister sowat 5 000 mense gelok. Dit het die Suid-Afrikaanse nasionale voëlweek wat vandag begin en Sondag eindig, afgeskop. Die fokus is vanjaar op uile en veral die gevlekte ooruil, wat die voël van die jaar is.

"Daar is baie mites oor uile en mense het 'n diep gewortelde vrees vir hulle. Ons wil mense bewus maak van die waarheid oor uile en wys dat hulle eintlik voordelig vir die samelewing is," het me. Sadie Wollheim, bestuurder van bewusmaking by Birdlife SA, gesê.

Volgens haar is daar nog talle gevalle van uile wat beseer en doodgemaak word omdat mense nie ingelig is oor hierdie voëls nie.

"Ons kry elke jaar honderde beseerde roofvoëls langs die pad of wat na ons gebring word vir rehabilitasie," sê me. Lorna Stanton, bestuurder van die Bateleur-roofvoëlrehabilitasiesentrum in Linksfield. Dié organisasie bestaan al 29 jaar en probeer om soveel moontlik voëls in die natuur vry te laat. - Lauren Thys

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |