Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Steve 'beter as gister'
Die sanger-akteur Steve Hofmeyr se toestand was vanoggend "steeds ernstig, maar beter as gister". Volgens 'n vriendin van die egpaar Hofmeyr, me. Amanda Singleton, is Hofmeyr se mediese span in die Gautengse hospitaal se waaksaal waar hy verpleeg word tevrede dat hy 'n goeie nag gehad het. Hofmeyr toon duidelike tekens dat hy gaan herstel ná die noodoperasie eergister in die vroeë oggendure. Desondanks sal hy nog geruime tyd buite aksie wees, sê sy dokters.
Hofmeyr het die noodoperasie ondergaan om ’n geperforeerde dikderm te herstel. Sy vrou, Natasha, het die sanger en akteur gisteroggend in die vroeë oggendure hospitaal toe gehaas toe hy erge pyn gehad het. Natasha het moontlik só Steve se lewe gered. Sy het toevallig eergisteroggend uit Pennington in KwaZulu-Natal teruggekeer waar die gesin vakansie gehou het. Hofmeyr het ’n paar dae vroeër na Gauteng teruggekeer. As sy nie eergister huis toe gekom het nie, sou Hofmeyr alleen by die huis gewees het en kon hy dodelik siek geword het. Me. Amanda Singleton, ’n vriendin van die egpaar, het gistermiddag gesê hoewel dit bloot bespiegeling is, “kon Steve gesterf het as Natasha nie toevallig teruggekom het nie”. Die toestand is potensieel lewensgevaarlik (berig hieronder). Hy het blykbaar die laaste paar dae van maagpyn gekla, maar wou nie dokter toe gaan nie. Hofmeyr se spesialis-chirurg in gastroënterologie wat sy naam verswyg wil hê, het gistermiddag gesê die sanger is “tans redelik stabiel ná die laparotomie, maar sy toestand is ernstig en ek wil hom nog minstens ’n week in die kundige sorg van die hospitaalpersoneel hou voordat ek sy ontslag sal oorweeg”. Gisteraand laat het hy gesê hy is tevrede met Hofmeyr se toestand. Hofmeyr voer reeds kort gesprekke. Weens die erns van Hofmeyr se toestand word geen besoekers buiten sy vrou by hom toegelaat nie. Selfs sy mag nie pal by hom wees nie en mag net vir kort tydjies op ’n keer na sy bed gaan. Luidens ’n verklaring op Hofmeyr se webwerf was sy wel eergisternag die hele nag by hom. “Hy lyk vanoggend effens beter, maar is nog swak,” het Natasha luidens die verklaring gisteroggend gesê. “Steve wil vanselfsprekend nie graag optredes uitstel en sy kliënte en ondersteuners teleurstel nie. Hierdie keer is dit nie net ons as sy bestuurspan wat ons voet neersit nie, maar ook sy eie liggaam en die dokter,” het sy blykbaar gesê. Al Hofmeyr se optredes is tot minstens die einde van die maand gekanselleer. Bigheart Productions, sy bestuur, het gistermiddag gesê hulle is jammer dat die optredes gekanselleer moes word. “Sodra daar meer duidelikheid is oor wanneer hy sy program sal kan hervat, sal ons probeer om kliënte wat geraak word, te herskeduleer.”
|
||||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|