Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘Vegter’ sterf 16 dae ná skietery
May 05 2008 10:33:57:293PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Drie kinders sonder 'n pa. Rainhart (links), Bianca (middel) en Dillon (regs) Janse van Vuuren se pa, mnr. Martin Janse van Vuuren, het 16 dae nadat hy deur rowers in Soshanguve, noord van Pretoria, geskiet is, gesterf. Foto: Cornél van Heerden
Verwante Berigte
  • Rowerkoeël verlam pa van 3 toe wel
  • Hilda Fourie


    Gisteroggend moes mnr. Nic Kruger aan sy drie kleinkinders vertel dat hul pa dood is.

    Mnr. Martin Janse van Vuuren (35), wat alleen na Dillon (9), Rainhart (5) en Bianca (4) omgesien het, het gisteroggend omstreeks 01:30 gesterf nadat hy net meer as twee weke gelede deur twee rowers in Soshanguve, noord van Pretoria, geskiet is.

    Janse van Vuuren, wat vir ’n staalonderneming in Temba, naby Hammanskraal, gewerk het, het op pad na sy huis in Dorandia, in die noorde van Pretoria, sy werkers by hul huise in Soshanguve gaan aflaai.

    Twee rowers het by ’n stopteken probeer om hom uit sy motor te trek en Janse van Vuuren is in die proses geskiet. Hy is aanvanklik van sy nek af ondertoe verlam gelaat.

    Die rowers het met leë hande gevlug.

    Kruger het gesê sy skoonseun het die afgelope paar dae verswak. Eergister het sy bloeddruk gedaal en hy het nierversaking opgedoen.

    “Die dokters het gesê ons moet ons op die ergste voorberei. Ons het hom gister (eergister) gaan groet, maar daar was steeds hoop,” het Kruger gesê.

    “Martin was ’n vegter. Hy het vir sy huwelik en kinders geveg. Hy het die rowers afgeveg. In die hospitaal het hy 16 dae lank vir sy familie en sy kinders geveg. Die kinders het Martin nooit in die hospitaal gesien nie. Hulle is baie stil nadat ons hulle vertel het, maar die vrae sal nog kom.”

    Me. Petro Janse van Vuuren het gesê al was haar seun verlam, was daar altyd hoop dat hy sou herstel.

    Sy het gesê Martin kon nie praat nie, maar het altyd trane in sy oë gekry wanneer hulle oor die kinders gepraat het.

    “Dit was nooit mooi om my kind só vol pype in die hospitaal te sien nie, maar ons het altyd gehoop hy sal herstel.”

    Me. Janse van Vuuren sal nou, saam met die Krugers en die kinders se ma, me. Nicoleen Janse van Vuuren, die kinders grootmaak. “Dié drie kinders sal die beste versorging en opvoeding kry wat enige kinders kán kry,” het Kruger gesê.

    Insp. Sello Mangena, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek nou ’n klag van moord.

    Buiten vir sy ma, kinders en skoonpa, laat Janse van Vuu-ren ook sy skoonma, mev. Nelie Kruger en ’n broer, mnr. Jaco Janse van Vuuren, agter.

    Janse van Vuuren sal Vrydag om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk Witfontein in Pretoria-Noord begrawe word.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |