Peetkinders
Huise is nie jaloers nie. Huise is lankmoedig en vriendelik, word nie verbitterd nie en reken die kwaad nie toe nie.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Iemand met dikderm-perforasie sal ‘deur dak klim van pyn en beslis kla’
    May 05 2008 08:58:18:580PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    'n Grafiese voorstelling van die mens se spysverteringstelsel. 'n Dikdermperforasie kan veroorsaak word deur erge infeksie in die kolon.
    Antoinette Pienaar


    Steve Hofmeyr het waarskynlik in ontsaglike pyn verkeer weens die dikdermperforasie wat hom in die hospitaal laat beland het.

    Volgens prof. Schalk van der Merwe, ’n gastroënteroloog van Pretoria, is so ’n perforasie gewoonlik ’n noodtoestand en altyd lewensgevaarlik.

    “Een van die algemeenste oorsake, wat eintlik skaarser is by jonger mense, is divertikulêre perforasie. Dit gebeur wanneer ’n blasie aan die kolonwand vorm en bars.

    “Ander oorsake is erge infeksies van die kolon en in skaars gevalle ook kanker.

    “Dit is nie ’n toestand waar iemand sommer op jou gaan afkom in ’n koma nie. Die pasiënt sal deur die dak klim van die pyn en beslis kla.”

    Volgens Van der Merwe lek die derminhoud in die buik en kan dit sepsis veroorsaak.

    Dokters sny gewoonlik die hele buik oop met ’n laparotomie om vas te stel waar die perforasie is.

    Jonger mense herstel gewoonlik makliker as ouer mense met swak immuunstelsels, maar ’n pasiënt moet hom regmaak om minstens sewe tot tien dae in die hospitaal te bly en etlike weke of maande te herstel.

    Soms is dit nodig dat ’n pasiënt vir ’n ruk lank ’n stoma (sakkie) dra tydens die herstelproses.

    ’n Ander mediese kundige het dié toestand by ’n pasiënt van Hofmeyr se ouderdom – 41 – as “uiters seldsaam” beskryf, berig Philip de Bruin.

    Die gastroënteroloog van Pretoria, wat anoniem wil bly, het gesê ’n geperforeerde dikderm is uit sy aard “lewensgevaarlik”.

    “Ek vind dit uiters vreemd dat só ’n jong man skielik ’n perforasie aan die dikderm ontwikkel. Op daardie ouderdom is daar normaalweg ’n ander onderliggende oorsaak vir die perforasie, soos onder meer dikdermkanker. Die kritieke tyd is die volgende 48 uur.

    “Die lewensgevaar ná die operasie is om te keer dat die septiese inhoud van die dikderm in die bloedstroom beland. Gebeur dit, kan die liggaam in ’n septiese skoktoestand gaan wat tot die dood kan lei.

    “Ná ’n klaarblyklik suksesvolle noodoperasie soos hierdie is die lewensgevaar nog nie verby nie. Komplikasies wat kan intree, is ’n hartaanval, ’n operasiewond wat septies word, en absesse wat in die buikholte kan vorm.

    “Die dikderm is per definisie nie ’n steriele orgaan nie en as infeksie intree, is dit normaalweg ’n 100%-infeksie wat letterlik deur bevuiling van die derminhoud veroorsaak word.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |