Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Taliep wou van ‘besete’ Najwa skei ná aanval
KAAPSTAD. – Taliep Petersen het vir sy lewe gevrees en was vasbeslote om van sy te vrou skei ná ’n voorval waarin sy hom in sy slaapkamer met ’n mes in die nek gesteek het. Tydens dié voorval – wat mev. Najwa Petersen gister by monde van haar regsverteenwoordiger erken het – het sy “demonies” gelyk, het die hof gister gehoor. ’n Stampvol hofsaal het gehoor hoe Taliep glo albei sy huwelike met mev. Tagmeeda Johnson, sy ouer suster en vertroueling, bespreek het. “Die eerste een was vir hom erg, maar dié een (met mev. Petersen) was tien keer erger,” het sy gesê. Johnson het gesê haar broer en mev. Petersen se huwelik was die eerste paar jaar “lieflik”, maar het in die laaste vier jaar versleg. Hy het glo aan haar gesê dit werk nie en dat hy dit oorweeg om ’n huis vir hom en sy kinders te koop. Ná die messteekvoorval op 13 April 2006 het Taliep glo aan Johnson gesê hy vrees vir sy veiligheid en dié van sy kinders. Johnson het gesê mev. Petersen het ná die voorval by haar gehuil en gesê Taliep wil haar los. “Ek het vir haar gesê as hy jou wou los, sou hy al. Ek kon nie vir haar sê wat ek vroeër met my broer bespreek het nie, want dit was tussen ons twee.” Me. Jawaahier Petersen, Taliep se naasoudste dogter, het gister getuig hoe sy dié aand op haar bebloede pa afgekom het. “Ek kon aanvanklik niemand sien toe ek in die kamer ingegaan het nie, en my pa het gesê ek moenie uit -freak nie”. Nadat sy die ligte aangeskakel het, het sy net bloed oral gesien. Volgens haar het mev. Petersen agter Taliep gesit met ’n mes in haar hand. “Haar oë was droopy en ietwat demonies. Sy het geklink soos iemand wat besete is.”
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|