Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Man met hamer doodgeslaan
'n Man van Alberton aan die Oos-Rand is volgens die polisie Dinsdag met 'n hamer doodgeslaan. Mnr. Graham Botes se tuinier word vir ondervraging in verband met die aanval aangehou. Botes se vriendin is na wat berig word ook aangeval en is in 'n stabiele toestand in die hospitaal. Volgens die polisie is die paartjie omstreeks 04:00 in hul slaap deur drie mans in die slagoffers se huis in Martina Oosthuizen-straat oorval. "Die verdagtes het het na bewering 'n sleutel gebruik om toegang tot die huis te verkry," het 'n polisiewoordvoerder aan Sapa gesê. Botes se 40-jarige tuinier - wat na verneem word in die tuin gewerk het toe die polisie by die huis opgedaag het - word vir ondervraging aangehou, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Lees die volledige berig Woensdag in Beeld en op www.beeld.com
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|