Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


‘Dit was die skok van my lewe’
May 06 2008 10:35:35:060PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Steve Hofmeyr. Foto: Theana Calitz
Verwante Berigte
  • Sal 'deur dak klim van pyn en beslis kla'
  • Winner sing dalk by Steve se hertroue
  • Steve sê oor joernalis-gryp
  • Steve gryp joernalis
  • Philip de Bruin


    “Ek het die skok van my lewe gekry. My pa is 20 jaar gelede, toe hy 40 was, aan presies dít dood waarvoor ek nou ’n noodoperasie gehad het – ’n geperforeerde dikderm.”

    So het Steve Hofmeyr, sanger en akteur, gister deur ’n tussenganger gesê in sy eerste gesprek na buite oor die trauma waardeur hy die laaste drie dae is nadat hy Sondag “ondraaglike maagpyn” begin kry het.

    Hofmeyr het merkwaardig vinnig ná die noodoperasie Maandag in die vroeë oggendure herstel en is laat gistermiddag uit die waaksaal van die Gautengse hospitaal, waar hy verpleeg word, ontslaan.

    Hy is nou in ’n private saal, maar mag buiten sy nabye familie geen besoekers ontvang nie. Die enigste ander persoon wat by hom toegelaat is, is die egpaar se jare lange vriendin me. Amanda Singleton.

    Singleton is ook Hofmeyr se vennoot as mede-eienaar van die hotel op Jacobsbaai aan die Weskus waar Hofmeyr en sy vrou, Natasha, later vanjaar ’n tweede keer in die huwelik gaan tree. Beeld se “gesprek” met Hofmeyr het met Singleton as tussenganger plaasgevind.

    “Ek het die laaste maande van tyd tot tyd kwaai maagpyn ondervind, maar dit het gekom en gegaan. Met so baie dinge wat my aandag verg, het ek nooit by ’n dokter uitgekom nie.

    “Saterdag was die pyn egter besonder erg en teen Sondagmiddag kon ek die pyn nie meer uitstaan nie. Dit is toe ek hospitaal toe gebring is.

    “Ek het geweldig groot geskrik toe die dokter wat die noodoperasie gedoen het, my meedeel dat my dikderm geperforeer is. My pa is 20 jaar gelede weens ’n geperforeerde dikderm dood. Hy was toe 40, wat drie jaar jonger is as wat ek nou is.

    “Ek het regtig nare doodsgedagtes gekry terwyl ek op die operasie gewag het. Ek is baie dankbaar dat alles goed afgeloop het.”

    Hy sê hy het nog “verskriklik baie pyn”, maar dat hy dit kan verwag omdat die noodoperasie uiteraard ’n ernstige ingreep was.

    Hy kan nie oor sy vrou se hulp en bystand uitgepraat raak nie. “Natasha is soos ’n engel. Sy versorg my met soveel liefde. En sy lyk so beeldskoon, al het sy in twee dae omtrent nie geslaap nie.”

    Toe Beeld hom inlig dat verskeie lesers via die koerant hul beste wense aan hom stuur, het hy gesê hy wil graag dié boodskap aan Beeld se lesers gee: “Baie, baie dankie vir wat julle vir my beteken. Julle is wonderlik. Ek en Natasha waardeer dit.”

    Singleton sê Hofmeyr slaap byna pal weens die medikasie en hoewel hy duidelik baie pyn verduur, lyk hy heel goed. “Natasha ook. Sy is ongelooflik sterk. Sy is ’n formidabele vrou.”

  • pdebruir@beeld.com


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |