Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Onveiligheid maak hof 'n teiken - hoë
    May 07 2008 10:04:22:280PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Dié deur is een van sowat 20 deure by die landdroshof in Pretoria-Noord wat met 'n stuk papier toegehou word. Foto: Theana Calitz
    Virginia Keppler


    Die veiligheidskaartstelsel van die landdroshofgebou in Pretoria-Noord is al sedert September verlede jaar buite werking.

    Die stelsel is meer as R1 miljoen werd. Dié toestand van sake maak die gebou ’n maklike teiken vir diewe, en beteken die hoofhekke, deure wat lei na die landdroste se kantore en verskeie ander belangrike kantore se deure, is toeganklik vir enige Jan Rap en sy maat.

    Mnr. Flip de Kock, veiligheidshoof by dié hof, het gister gesê die hofstempel, verskeie selfone, ketels, koppies en ander persoonlike besittings is sedert verlede jaar uit dié gebou gesteel.

    “Twintig deure staan tans heeldag oop. Die howe se deure word met stukke papier toegehou wanneer die hof in sitting is.

    “Ek het al mense in landdroste se kantore betrap waar hulle deur goed krap en as ek vra wat hulle daar doen, sê hulle eenvoudig hulle het verdwaal.”

    De Kock het gesê die veiligheidstelsel is nutteloos omdat ’n mens nie kan sien wie waar probeer inbreek nie.

    “Ek het al hoeveel keer klagte by die departement van openbare werke (DOW) ingedien, maar daarvan het tot nou toe niks gekom nie.

    “Hulle sê net elke keer hulle het die bestelnommers vir die kontrakteur gegee en as ek die kontrakteur bel, sê hy hy kan nie uitkom nie, want hy het dit (die bestelnommers) nog nie gekry nie.”

    Volgens De Kock val die gebou ook uitmekaar.

    “Die plafon word nat elke keer wanneer dit reën en dit sak inmekaar.

    “Die nattigheid veroorsaak dat die bedrading in die dak nat word en dit lei weer tot kragonderbrekings.

    “Ons het ook nie ’n ondersteuningstelsel vir wanneer die krag afgaan nie.”

    Hy het gesê daar is ook ’n muur in die gebou wat deur vog beskadig is.

    De Kock het bygevoeg dat meer as tien lugversorgingseenhede al bykans ’n jaar lank buite werking is. “As iets skeefloop, blameer almal die veiligheidsmense.

    “Almal sê ek doen niks om die probleme op te los nie,” het hy moedeloos gesê. “Ek het nou besluit om Beeld se hulp te vra.

    “Ek is veronderstel om die lewens te beveilig van mense wat in die gebou werk, maar ek kan dit nie doen nie. Wat as iemand by ’n landdros se kantoor instap en iemand skiet? Dan gaan ek die skuld kry.

    “Wel, nou praat ek, al gaan ek in die moeilikheid kom,” het De Kock ontsteld gesê.

    Mnr. Lucky Mochalibane, woordvoerder van die DOW, het gister gesê hy sal eers met De Kock wil praat voordat hy kommentaar lewer.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |