Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Hof verwerp Waterkloof-4 se verweer van ‘geen gesigbeserings’
Dat die lyk van die man wat deur die sogenaamde Waterkloof-vier in die park aangerand is, nie gesigbeserings gehad het nie, het nie die staat se saak belemmer nie. Dít blyk uit regter Willie Seriti en waarnemende regter Piet Ebersohn se uitspraak gister in die Pretoriase hooggeregshof toe hulle dié vier se appèl van die hand gewys het. Christoff Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt het vergeefs in dié hof geappelleer teen hul skuldigbevinding aan moord op ’n man en aan aanranding op ’n ander man, asook teen hul vonnis van 12 jaar tronkstraf. Terwyl die staatsgetuies getuig het die slagoffer in die moordaanklag is só hard met ’n staalpuntskoen in die gesig geskop dat die staalpunt ingeduik het, het die verdediging aangevoer daar was volgens polisiefoto’s nie ’n skrapie aan die lyk se gesig nie. Seriti het gister gesê die afwesigheid van gesigbeserings is nie “fataal” vir die staat se saak nie. Die gebeure in die park (in Moreletapark, Pretoria) was vinnig en in die aand. Gevolglik kon die staatsgetuies ’n fout gemaak het oor die aard en omvang van die aanranding op die gesig, het Seriti gesê. Dié feit alleen kan nie ’n gevolgtrekking regverdig dat die staatsgetuies se totale getuienis verwerp moet word nie. Die staatsgetuies was twee broers, Heinrich en Reinhardt von Landsberg. Volgens die verdediging was daar baie min bloed op die toneel en dit is waarskynlik dat die lyk dié is van iemand wat elders beseer is en daarheen kon loop. Seriti het hieroor gesê die afwesigheid van bloed op die toneel, toe die lyk gevind is, kon moontlik deur reën die nag van die voorval veroorsaak gewees het. Reinhardt het getuig dat dit dié nag gereën het. Becker het getuig die persoon met wie hulle “interaksie” in die park gehad het, was ’n groter man as hulle. Die lyk was egter dié van ’n baie klein persoon, het die verdediging aangevoer. Seriti het gesê dié getuienis van Becker is ’n “fabrikasie”. “Sy (Becker se) totale getuienis in soverre dit nie ooreenstem met die staat se weergawe nie, is só onwaarskynlik dat dit verwerp moes word.” Oor die aanranding op die ander man, het Seriti gesê die staatsgetuies het in besonderhede daaroor getuig. Slegs Becker het daaroor getuig. Die ander drie beskuldigdes het nie getuig nie, ondanks regstreekse getuienis wat hulle by dié aanklag geïmpliseer het.
|
||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|