Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Moedelose seun ‘se lewe staan stil’ oor ID-boek
    May 07 2008 10:04:10:847PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    'n Moedelose Dawie van der Merwe. Foto: Marisa Phillips
    Marisa Phillips


    Welkom. – ’n Skoolseun van dié stad sal moontlik nie vanjaar die matriekeksamen kan skryf nie omdat hy nie ’n identiteitsdokument kan kry nie.

    Mev. Wilmaru van der Merwe sê haar seun, Dawie, sukkel al die afgelope twee jaar om ’n identiteitsdokument te kry.

    “Ons het in 2006 aansoek gedoen, maar toe ons die identiteitsdokument wou gaan haal, sê die beampte volgens hul rekords het Dawie reeds sy ID. Dit is in Port Elizabeth uitgereik.”

    Met ’n lang gesukkel het Van der Merwe agter die kap van die byl gekom.

    Op presies dieselfde dag as Dawie is daar in Bloemfontein ’n seun met presies dieselfde name, David Frederik van der Merwe, gebore. Albei het dieselfde identiteitsnommer gekry. Die ander seun het eerste vir ’n identiteitsdokument aansoek gedoen.

    Van der Merwe sê Dawie kan gevolglik nie registreer om sy matriekeksamen te skryf nie.

    “Hy kan ook nie by ’n universiteit aansoek doen nie, hy kan nie vir sy rybewys gaan nie, hy kan nie eens by ’n gimnasium aansluit nie. Sy lewe staan stil.”

    Sy sê sy is magteloos en sal enigiets doen om haar kind te help.

    “Ons het nou ’n saak by die departement van binnelandse sake aanhangig gemaak, maar elke keer as ek bel om te hoor hoe dit vorder, sê hulle net die saak is nog hangende.

    “As hulle net vir Dawie wil help met ’n identiteitsnommer. Ons sal verklarings aflê en self seker maak dat sy identiteitsnommer oral verander word.”

    Van der Merwe het al briewe aan al wat ’n departement is geskryf.

    Slegs me. Naledi Pandor, minister van onderwys, het aan haar teruggeskryf en gesê dit val nie onder haar departement nie.

    “Ons weet nie meer wat om te doen nie.”

    ’n Woordvoerder van departement van binnelandse sake in Welkom het gister gesê Van der Merwe moet weer met al haar dokumente na hulle kom en hulle sal haar probeer help.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |