Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Nataniël maak hart, stembande vir Razelle oop Die kabaretmeester Nataniël gaan in Junie tyd afknyp vir ’n spesiale geldinsamelingskonsert vir die jong misdaadslagoffer Razelle Botha (18) van Pretoria. Botha, een van die Hoërskool Waterkloof se toppresteerders in 2007, is in Februarie byna dood nadat sy by haar ouerhuis in Moreletapark in die arm, bors, maag, long en rugmurg geskiet is. Prof. Willem Botha, ’n afge-trede professor in geofisika aan die Universiteit van Pretoria (UP), was saam met sy dogter tuis toe twee rowers toegeslaan het. Razelle het intussen baie goed aangesterk en kan weer staan, nadat dokters aanvanklik gemeen het sy het net ’n 30% kans om weer te loop. Me. Mariette Basson, ’n vriend van die Bothas, sê sy was erg geskok toe sy die dag ná die voorval van Razelle se lot uitgevind het, juis omdat die skrander meisie en haar kind vriende op laerskool was. “Ek het net gewag dat dinge bietjie rustiger raak, maar het lankal besluit ek wil graag hand bysit om die gesin te help, veral met die duur mediese koste verbonde aan haar herstel.” Basson het Nataniël oor die moontlikheid van dié konsert genader en hy het dadelik ingestem om op 6 Junie by die NG kerk Valleisig in Faerie Glen op te tree om geld vir Razelle se mediese koste in te samel. “Razelle was nog altyd ’n baie behulpsame kind en was nog nooit met iemand lelik nie, daarom reël ek die geleentheid met liefde,” het Basson gister gesê. X Eagan Williamson
|
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|