Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Steve letterlik weer op been
Steve Hofmeyr is letterlik weer op die been. Minder as 72 uur nadat ’n noodoperasie Sondagnag in ’n Gautengse hospitaal op hom uitgevoer is, is Hofmeyr gisteroggend die eerste keer toegelaat om uit sy bed op te staan en ’n paar treë te gee. Me. Amanda Singleton, vriendin van Hofmeyr en sy vrou, Natasha, het gistermiddag gesê dokters is hoogs tevrede met Hofmeyr se vordering. Hofmeyr moes vir ’n geperforeerde dikderm geopereer word nadat hy Saterdag maagpyn begin kry het en Sondag nie meer die pyn kon verduur nie. Die operasie is omvangryk omdat die hele dikderm en ingewande tydens die operasie ondersoek en skoongemaak moet word om 100% seker te maak dat van die inhoud van die dikderm wat uitgelek het, nie in die maagholte agterbly nie. “As ’n mens die omvang van só ’n mediese ingryping besef, is Steve se herstel merkwaardig. “ ’n Mens kan amper se die ou Steve is op pad terug. “Hy praat aaneen en maak grappe. Hy kon homself reeds vanoggend (gisteroggend) was. “Hy verduur natuurlik nog baie pyn en hy het sedert die operasie nog geen vaste kos ingekry nie. “Hy kry aarvoeding. Maar gister is begin met fisioterapie wat sy herstel hopelik sal bespoedig.” Daar is nog geen aanduiding wanneer Hofmeyr sy vertonings sal kan hervat nie.
|
|||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|