Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Ma, dogter rou saam oor hul lewensmaats ná gru-mynongeluk
May 07 2008 10:03:57:440PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Nicolene Goosen en haar ma, mev. Nieksie du Plessis, saam met Goosen se dogter, Delene (16 maande) het gister die roudiens by die South Deep-myn bygewoon. Albei het mnr. Reinecke en Norman goed geken. Foto: Johann Hattingh
Amanda Roestoff


’n Wes-Randse ma en dogter rou saam oor die dood van hul lewensmaats ná die grusame ongeluk by Gold Fields se South Deep-myn wat verlede week die lewe van 10 mynwerkers binne 48 uur geëis het.

Mev. Pat Reinecke en haar dogter, mev. Margaret Norman van die Hillside-hoewes in Randfontein, het mnr. Frikkie Reinecke (55) en mnr. Matt Norman (32), ’n Australiër van geboorte, in die ongeluk op Werkersdag aan die dood afgestaan.

Margaret en Matt is vyf maande gelede getroud.

“Hy het altyd so mooi vir my gesing,” het me. Tessa Verbeek (18), ’n huisvriend van die Reineckes, gister aan Beeld gesê.

Meer as 3 000 werknemers van die maatskappy het gister die roudiens bygewoon.

Reinecke en Norman, albei loodgieters, is saam met me. Jennifer Bahlekazi (26) van Glenharvie en ses ander mans dood.

Me. Bahlekazi het as hyseroperateur by die Gold Fields-myngroep gewerk.

Die hyser waarin dié nege was, het sowat 60 m onder vlak 105 (sowat 2 882 m ondergronds) na die skagbodem geval toe ’n hyserkabel gebreek het.

Die agt mans was almal werknemers van Murray & Roberts Cementation.

Die ander oorledenes was mnre. Frederick Labuschagne (52) van Rustenburg, Phahlone Mishack Shabangu (48) van Sebokeng, Daniël Cuna (25) van Limpopo en Sidney Botha (42) en Jan Anton Peens (35) van Fochville en Gilliam (Gielie) Johannes Coetzee (37), ook van Randfontein.

Mnr. Abel Magane, vir wie gister se roudiens ook was, is op 29 April by South Deep-myn dood toe ’n seismiese skudding ’n rotsstorting veroorsaak het.

  • Gold Fields sal vandag afskeid neem van vier ander werkers wat op 29 April tydens ’n rotsstorting by die Driefontein-myn buite Carletonville dood is.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |