Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Mbeki wou Selebi beskerm, sê Pikoli
May 07 2008 10:03:55:220PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die Pikoli-kamp: Adv. Vusi Pikoli, nasionale direkteur van openbare vervolging, word gister omring deur sy regspan tydens 'n verhoor wat deur dr. Frene Ginwala behartig word. Foto: Nardus Engelbrecht
Verwante Berigte
  • Staat wil Pikoli se bekendmaking stuit
  • Skerpioene 'teiken' Zuma
  • Mbeki hét geweet van Selebi
  • Msimelelo Njwabane


    Pres. Thabo Mbeki wou keer dat die Skerpioene komm. Jackie Selebi, polisiehoof, arresteer en vervolg.

    Só voer adv. Vusi Pikoli, nasionale direkteur van openbare vervolging, in sy beëdigde verklaring aan, wat gister tydens die eerste dag van die dr. Frene Ginwala-verhoor ter tafel gelê is.

    Dié verhoor word in die Johannesburgse metroraad se vergadersaal gehou.

    Ginwala is verlede jaar in September deur Mbeki aangestel om te kyk of Pikoli geskik is om sy werk te doen.

    Pikoli is op 23 September 2007 deur Mbeki geskors – kort nadat die Skerpioene ’n lasbrief verkry het om Selebi te arresteer en sy kantoor en huis te deursoek.

    “My skorsing was ontwerp om die ondersoek na en vervolging van mnr. Selebi te frustreer,” lui Pikoli se verklaring.

    Eerw. Frank Chikane, direkteur-generaal in die president se kantoor, het dít gister by die verhoor ontken.

    “In geen stadium het die president (Mbeki) gesê dat ’n amptenaar van die regering nie gearresteer en vervolg mag word nie.

    “Ons het nie ’n probleem met die ondersoek nie maar met die wyse waarop die direktoraat vir spesiale operasies (DSO) verrigtinge hanteer het,” het Chikane gesê.

    Hy het ook gekla oor die wyse waarop die nasionale vervolgingsgesag die saak van oudminister Adriaan Vlok en andere, wat hom wou vergiftig, behartig het. Hy het gekla dat hy nie vooraf geweet wat die besonderhede van die pleitooreenkomste was nie. Hy het dit eers in die hof gehoor. Volgens Sapa sou hy nie ingestem het tot opgeskorte vonnisse vir Vlok-hulle nie.

    Volgens Pikoli het hy uit sy pad gegaan om Mbeki en me. Brigitte Mabandla, minister van justisie, oor die ondersoek na Selebi ingelig te hou.

    Hy het gesê dat hy sedert 2006 tien keer met Mbeki en Mabandla ontmoet het om die Selebi-ondersoek te bespreek.

    Hy het daarop gewys dat Mbeki in Maart 2007 geïrriteerd was omdat Pikoli geweier het om Selebi tydens ’n vergadering in te sluit, waar die ondersoek na die polisiehoof bespreek is. Pikoli sê ook Mbeki het in November 2006 ’n beëdigde verklaring van mnr. Clinton Nassif, voormalige veiligheidskonsultant van die vermoorde mynmagnaat mnr. Brett Kebble, onder oë gehad.

    Tot op hede het Mbeki ontken dat hy enige beëdigde verklarings gesien het wat oor die ondersoek na Selebi handel.

    Volgens Pikoli het die staat sedert verlede jaar verskeie kere die redes vir sy afdanking verander.

    Ginwala sal ná afloop van die verhoor ’n verslag vir Mbeki opstel.

    Mbeki sou dan eers die goedkeuring van die parlement moet verkry om Pikoli af te dank, indien wel.

    As die afdanking afgekeur word sal Pikoli tot 2015 aan die hoof van openbare vervolgings staan.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |