Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Sy gaan haar man nie 'sonder onderhoud' laat wegkom
May 08 2008 07:08:02:303AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verbygangers het gister gestaar na dié plakkate wat 'n vrou op haar motor aangebring het om haar man, wat na bewering ontrou was, aan te moedig om onderhoud te betaal. Foto: Jan Gerber
Jan Gerber

George. - Sy gaan haar man - eersdaags haar eksman - nie laat wegkom sonder dat hy onderhoud betaal nie.

Dít is haar boodskap waar sy kordaat en glimlaggend staan langs haar motor, waarop sy verskeie plakkate aangebring het.

Mense wat verby die FNB in Yorkstraat hier loop, stop, staar en pluk hul selfone uit om dié 57-jarige rooikopvrou van Knysna en haar plakkate af te neem.

Een van die plakkate lui: "If my soon toe be ex-husband thinks he can: bed down cheap women, buy them underwear, wine and dine them in the best restaurants, take them on five star holidays, take 'excite' tablets for erectile dysfunction, go out boozing each night AND not pay me my maintenance as ordered by court and think I will take no action, he has another thing coming."

Sommige vra haar uit oor haar man se beweerde ontrouheid. Mans en vroue bied ondersteunende woorde.

Sy beskryf die ondersteuning as ongelooflik. "Almal sê: 'Fantasties. Sterkte!'," vertel sy langs haar motor, met 'n plakkaat op die voorruit, aan die linkerkant en agterop. Maar sy doen dit nie vir simpatie nie. "Ek het besluit om 'n vreedsame punt te stel vir vroue van oral wat sukkel om hul onderhoud te kry." Sy sukkel al sedert November. Hul skeisaak sloer al twee jaar. Sy sê sy het nie nou die geld om 'n hooggeregshofgeding te begin nie.

"Sterkte, mevrou," sê 'n man in die verbygaan.

"Hy dink niks van sy vrou nie," sê 'n jong vrou geskok oor die vrou se man. "Hy's nie eens 'n 'gentleman' nie." Sy meen die plakkaatprotes was 'n goeie plan. Sy het die vrou gevra wanneer en hoe sy uitgevind het.

"Ek het eers ná 36 jaar van getroude lewe uitgevind. Dit was my beste vriendin," het die vrou geantwoord.

Sy het daarvan uitgevind toe sy afgekom het op die rekeninge van duur etes en luukse wegbreek-naweke.

"Die duiwel loop rond," sê mnr. Piet le Grange kopskuddend.

Die vrou se identiteit is weerhou om die moontlikheid van laster te vermy.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |