Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Pikoli bedreig nasionale veiligheid, skryf Mbeki
May 08 2008 04:23:56:420PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Mbeki wou Selebi beskerm, sê Pikoli
  • Mbeki hét geweet van Selebi
  • Pres. Thabo Mbeki het mnr. Vusi Pikoli geskors omdat sy optrede "nasionale veiligheid bedreig het".

    Die nasionale hoof van openbare vervolging se regspan het 'n brief aan die Ginwala kommissie vir ondersoek bekend gemaak wat Mbeki aan Pikoli geskryf het om hom in te lig oor sy skorsing.

    Dit lui onder meer: "Ek het die inligting tot my beskikking oorweeg en tot die gevolgtrekking gekom dat jy, in jou hoedanigheid as nasionale direkteur van openbare vervolging, faal om die aard en omvang te besef van die bedreiging wat lede van georganiseerde misdaad vir ons nasionale veiligheid inhou".

    "So 'n gebrek aan insig self bedreig ons nasionale veiligheid." In die brief waarsku Mbeki Pikoli ook dat pleitooreenkomste en ooreenkomste rondom immuniteit nie bereik kan word "ten koste van nasionale veiligheid" nie.

    Dit is eers in die derde laaste paragraaf waar Mbeki verwys na die swak verhouding tussen Pikoli en die minister van Justisie, me. Brigitte Mabandla.

    Mbeki se kantoor het kort ná Pikoli se skorsing gesê die rede vir sy skorsing is die slegte verhouding tussen die twee.

    Die Skerpioene het verlede jaar 'n pleitooreenkoms met dwelmhandelaar Glenn Agliotto - vriend van polisiehoof, komm. Jackie Selebi, - aangegaan.

    Hy het skuld beken op aanklagte van handel in dwelms en het 'n voorkeur-vonnis gekry in ruil daarvoor dat hy in die sake van dwelmsindikate sou getuig. - Sapa

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |