Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
3 baklei hard terug toe rowers hulle oorval
Drie jong mans van Peerboomstraat in Doornpoort, Pretoria, het drie gewapende rowers eers “goed gem**r” voordat die rowers hulle uiteindelik met vuurwapens oorrompel en van ’n skootrekenaar en twee sel-fone beroof het. Mnre. Alwyn Burger (25), Kobus Swart (25) en Desmond Potterill (24) is eergister omstreeks 18:50 tuis oorval. Swart het die rowers met sy krieketkolf toegetakel totdat hulle sy eie kolf op hom gedraai en hom ook in die arm en bors geskiet het. Burger het drie van sy kneukels af baklei en die dood vrygespring toe ’n rower wat sy vuurwapen skaars ’n vingerlengte van sy kop gehou het, mis geskiet het. Potterill het ook hard terugbaklei totdat die rowers hom met ’n vuurwapen op sy kop “lights out” geslaan het. “Hulle het gedink hulle gaan net in en uit, maar hulle het hulle vasgeloop,” het hy gesê. Burger het gesê hy was net by die deur uit om wasgoed van die draad te gaan afhaal toe drie mans hom platgeduik het. “Ek het hard begin skreeu om die ander in die huis te waarsku. Twee het by die huis ingehardloop terwyl ek met die een op die grond gebaklei het. “Hy het ’n geweer teen my kop gedruk en geskiet, maar dit was mis. Toe baklei ons tot binne-in die huis.” In dié stadium het Swart in sy kamer op die bed gelê. Hy het sy krieketkolf gegryp en by die kamerdeur uitgehardloop. “In die gang het twee van hulle aangehardloop gekom. Toe begin ek hulle met my krieketkolf m**r. “Toe hulle my wil skiet, het ek met my linkerhand probeer keer en die koeël is deur my hand by my regterbors in en agter uit. Ek het kamer toe gehardloop en die deur probeer toedruk, maar my voete het in die bloed gegly en toe val ek. “Hulle het ingekom en my met my eie krieketkolf oor die kop gebliksem,” het hy gesê. Potterill het badkamer toe gehardloop om sy meisie van daar af te bel toe hy besef hy het sy foon in die kamer vergeet. “Dit is ook net toe dat een rower daar inkom en toe begin ons baklei.” In dié stadium is Burger en Swart in Swart se kamer deur ’n rower met ’n vuurwapen aangehou. Potterill het intussen hard probeer terugveg, maar die een rower het hom aanhoudend oor die kop geslaan en net toe hulle hom in Swart se kamer geboender het, het hulle hom bewusteloos geslaan. Daarna het die rowers ’n skootrekenaar, twee selfone en hul motor- en huissleutels gegryp en gevlug. Me. Mirna von Benecke, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ’n klag van gewapende roof en poging tot moord.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|