Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Vullis-, krag-, busdienste verlam
May 08 2008 10:14:10:417PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Cobus Claassen


Ongeveer 30% van die Tshwane-metroraad se werkerskorps staak en dit verlam veral die vullis-, elektrisiteit- en busdiens ál meer.

Só het mnr. Gabriel Twala, ANC-burgemeesterskomiteelid van dié raad, gister gesê oor die munisipale staking, wat duidelik ’n ál groter impak op dienslewering in Pretoria het.

Twala het gister op ’n vergadering van die portefeuljekomitee vir korporatiewe en gedeelde dienste aan lede gesê die raad het stakers gewaarsku dat hulle afgedank sal word as hulle langer aan dié onwettige staking deelneem.

Dit kom nadat die munisipale werkersvakbond Samwu Maandag ’n memorandum met verskeie griewe aan die raad oorhandig het.

Die twee partye kon sedertdien, ondanks onderhandelings, nie ’n ooreenkoms bereik nie.

Die raad kon tot dusver vandeesweek nie aandui presies watter impak die staking op dienslewering in die metrogebied het nie.

Twala het aan Beeld gesê die raad het ’n hofinterdik teen die stakers gekry wat die staking “amptelik onwettig” verklaar.

Hy het gesê onderhandelings het ’n dooie punt bereik met Samwu wat steeds daarop aandring dat maatskappye se kontrakwerkers as permanente raadswerkers aangestel moet word.

Hy het bevestig dat verskeie gevalle van “ernstige intimidasie” teenoor nie-stakende werknemers plaasgevind het.

Volgens Twala is daar gisteroggend in Hatfield skote op ’n munisipale bus gevuur en is dit ook met klippe bestook, terwyl daar vroeër die week op Kerkplein skote op skoonmakers gevuur is toe hulle rommel wou optel wat stakers gestrooi het.

Mnr. Conrad Beyers, VF+- raadslid en lid van dié portefeuljekomitee, het gesê die wyse waarop die raad die staking hanteer, “dui op onbeholpenheid”.

Hy het die raad gekritiseer omdat hy weer onvoorbereid was op ’n staking van dié omvang.

“ ’n Mens sou verwag dat die raad uit verlede jaar se chaotiese vullisstaking sou leer en gebeurlikheidsplanne in werking sou stel. Dit is egter duidelik dat die ANC-beheerde raad weer onkant betrap is.”

Me. AnneMarie Sparg van die ACDP het die voorval waar die munisipale bus met klippe bestook is, as ’n “skande en barbaars” beskryf.

Sparg het gesê dié party hoop die raad en Samwu gaan die strydbyl so spoedig moontlik begrawe sodat dienslewering hervat kan word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |