Peetkinders
Huise is nie jaloers nie. Huise is lankmoedig en vriendelik, word nie verbitterd nie en reken die kwaad nie toe nie.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Afrikaanse kerke vra regering om wet en orde te herstel
    May 08 2008 10:14:08:010PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Neels Jackson


    Die drie Afrikaanse susterskerke het ’n dringende beroep op die regering gedoen “om drastiese stappe te doen om kragtens die Grondwet die wet en orde te herstel”.

    Die NG Kerk, die Hervormde Kerk en die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika sonder in ’n gesamentlike verklaring vyf kwessies uit wat volgens hulle bydra tot ’n gees van bekommernis, vrees en onsekerheid in die land.

    Dit is misdaad, geweld en korrupsie; vaardigheidstekorte en infrastruktuur; rassisme; landbou en voedselvoorsiening; en Zimbabwe.

    Oor Zimbabwe sê die kerke die huiwering van pres. Thabo Mbeki en sy regering om sterk en duidelik standpunt in te neem oor “die immorele en ondemokratiese optrede en meegaande skending van menseregte van die regerende party in Zimbabwe, versterk die persepsie dat dit ook mettertyd sal oorspoel na Suid-Afrika”.

    Wat landbou betref, waarsku hulle dat ’n voedseltekort, rampspoed en hongersnood Suid-Afrika kan tref. Stygende insetkoste maak landbou ’n finansiële oorlewingstryd, terwyl plaasmoorde, onsekerheid oor eiendomsreg en traagheid van die regering om boere te beskerm, mense laat besluit om op te hou boer.

    In hul kommer oor rassisme maan die kerke teen die neiging om alles wat verkeerd loop, aan rassisme toe te dig. Saam met die miskenning van taalregte en moedertaalonderrig en onverantwoordelike regstellende aksie verhoog dit die spanning in die land.

    Regstellende aksie word ook ten dele geblameer vir wanbestuur en ’n vaardigheidstekort wat lei tot die ineenstorting van infrastruktuur op talle terreine.

    Die kerke is ook bekommerd oor die misdaadvlakke en ’n klaarblyklike onvermoë van die regering om wet en orde te handhaaf.

    Saam met die oproep tot die regering, vra die kerke ook alle Suid-Afrikaners om saam te werk om euwels in die samelewing te bestry. Hulle moedig medegelowiges aan om hul vertroue op God te plaas en te bid vir wysheid vir dié wat die land regeer.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |