Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


SA, land van VREES
May 09 2008 10:15:15:007AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Kerke vra herstel van wet, orde
  • Wolf in skaapsklere
  • Alet Rademeyer


    Suid-Afrikaners voel toenemend onveilig ondanks die polisie se statistieke wat aandui dat misdaad sedert 2003 afgeneem het.

    Me. Antoinette Louw, navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), het gister ’n verslag in Pretoria bekend gemaak wat daarop dui dat Suid-Afrikaners baie onveilig voel en glo dat misdaad die afgelope vier jaar toegeneem het.

    Altesame 4 500 Suid-Afrikaners is by dié studie betrek.

    Luidens die studie is Suid-Afrikaners klaarblyklik sat vir misdaad en meen die regering moet meer geld aan strafmaat?reëls (34%) bestee om misdadigers aan die pen te laat ry. In 2003 het 15% dié standpunt gehuldig.

    Van die bevindings is dat daar sedert 2003 ’n toename in rooftogte en motordiefstal was, terwyl huisbrake steeds die mees algemene misdaad is. Altesame 3,6% van respondente was die afgelope twaalf maande slagoffers van rooftogte, 7,2% van huis?brake, 4,9% van diefstal van persoonlike besittings en 1,3% van motordiefstalle.

    Waar 57% van slagoffers huisbrake in 2003 aangemeld het, het dit opgeskuif na 81%.

    In die geval van rooftogte het die aanmeldingsyfer gestyg van 29% in 2003 tot 49%.

    Altesame 57% van Suid-Afrikaners het gesê misdaadvlakke in hul omgewing het die afgelope vier jaar toegeneem teenoor 53% in 2003. Indiërs (85%) was die meeste geneig om te glo misdaad het gestyg, gevolg deur wit mense (63%), bruin mense (57%) en swart mense (54%).

    Die persepsie van die meerderheid mense in al die provinsies behalwe Limpopo en die Noord-Kaap was dat misdaad die afgelope vier jaar toegeneem het.

    Met verwysing na hoe veilig mense voel, het altesame 62% gesê hulle voel baie onveilig om ná donker in hul omgewing te stap. Die persentasie mense wat baie onveilig voel, het tussen 1998 en 2007 met 148% toegeneem.

    Uit die studie het ook geblyk dat mense in Gauteng, Mpumalanga en Noordwes die onveiligste voel. Dít is ook die provinsies waar mense aangedui het dat die polisie swak vaar. In 2003 het 4% van die respondente geglo misdade word deur vreemdelinge gepleeg. Dit het gestyg tot 10%.

    Sowat 50% van Suid-Afrikaners glo egter misdade word gepleeg deur mense wat in hul gebied gebore is.

    Respondente het hebsug (44%) as die grootste rede vir misdade aangevoer, gevolg deur nie-finansiële redes (32%) en werklike behoeftes (17%). Op ’n vraag waaraan die regering geld moet bestee om omgewings waar geweldsmisdade ter sprake is veiliger te maak, het 34% gesê aan beter strafmaatreëls. Sowat 26% het gesê meer polisiëring en 36% maatskaplike ontwikkeling. In 2003 was 62% ten gunste van meer geld vir maatskaplike ontwikkeling en 15% ten gunste van strafmaatreëls.

    Louw het gesê Suid-Afrikaners is baie meer bestraffend teenoor misdaad wat oorsake betref en wat die regering moet doen. Sy meen dit sal toenemend moeiliker word om dié tendens om te draai. Uit die verslag blyk dit dat polisiesigbaarheid sedert 2003 verbeter het, maar dat daar steeds negatiewe persepsies oor die polisie bestaan soos dat hulle nie betyds reageer nie (56%), lui is (26%), korrup is (22%) en saam met misdadigers werk (13%).

    Uit die studie het geblyk 25% van Suid-Afrikaners ken iemand in hul omgewing wat ’n lewe uit misdaad maak. Hulle is ook steeds apaties om hulself en huishoudings teen misdaad te beskerm met 60% wat in 2003 én 2007 niks hieraan gedoen het nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |