Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Chikane sê hy weerspreek hom nie oor vervolger
Verlede jaar het hy hulle nog openlik in ’n Sondagkoerant geprys. Gister, tydens die Ginwala-ondersoek, het eerw. Frank Chikane geen goeie woord nie vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG) waarvan adv. Vusi Pikoli as hoof geskors is. Die getuienis van Chikane, direkteur-generaal in pres. Thabo Mbeki se kantoor, voor die kommissie verskil duidelik van dít wat hy verlede jaar in City Press oor die NVG geskryf het. Dié teenstrydigheid hou verband met die NVG se hantering van die vervolging van oudmin. Adriaan Vlok en vyf ander en is gister deur adv. Wim Trengove SC, vir Pikoli, uitgewys. Mbeki het Pikoli op 23 September 2007 geskors, kort nadat die Skerpioene ’n lasbrief verkry het om komm. Jackie Selebi, polisiehoof, te arresteer en sy kantoor en huis te deursoek. Volgens Pikoli is die Selebi-ondersoek die hoofrede dat hy geskors is. Die regering voer egter aan verskeie sake het tot sy skorsing gelei. Een was glo die manier waarop die NVG die saak hanteer het teen Vlok en andere wat Chikane in die ou bedeling wou vergiftig. Adv. Tim Bruinders SC, ook vir Pikoli, het Chikane uitgevra oor wat hy in Augustus 2007 in City Press geskryf het oor hoe tevrede hy met dié proses was. “Eers ’n maand nadat Pikoli geskors is, en nou ook hier by die (Ginwala-)ondersoek, het jy ’n ander standpunt (ingeneem). Dit is ’n weerspreking,” het Bruinders gesê. Volgens Chikane wou hy nie sy klagtes in die openbaar bespreek nie en betwis hy dat dit ’n weerspreking is. ’n Ander sleutelfiguur aan die staat se kant, adv. Menzi Simelane, direkteur-generaal van justisie, het gister ook gesukkel om Pikoli se skorsing te regverdig. Volgens Trengove was die staat oneerlik in aanvanklike getuienis aan die Ginwala-ondersoek. Simelane was hoof van die span wat die staat se voorlegging vir die Ginwala-ondersoek opgestel het. “Die staat het belangrike inligting – wat oor gebeure kort voor Pikoli se skorsing gaan – uit sy verklarings gelaat. Hy het verwys na vergaderings en korrespondensie tussen me. Brigitte Mabandla, minister van justisie, en Pikoli. In ’n brief op 18 September het Mabandla vir Pikoli gevra om die ondersoek na Selebi te beëindig. “Ek moet eers tevrede wees dat dit in openbare belang is voordat jy kan voortgaan met jou beoogde optrede (die arrestasie van Selebi),” het Mabandla geskryf. “Dit wys dat Pikoli se skorsing regstreeks verband gehou het met die Selebi-ondersoek,” het Trengove gesê. Die ondersoek duur vandag voort.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|