' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


‘Sjoko-Zoeloes is dit nie, professor’
May 09 2008 10:01:53:093PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dié beeldjies van Afrika-mans, vroue en kinders, wat in die Superspar in Menlo Park, in Pretoria, verkoop word, het prof. Jonathan Jansen genoop om in sy rubriek in The Times te reageer. Foto: Herman Verwey
Hilda Fourie


“Met respek, professor, dit is nié sjokolade nie.

“Dit is net ornamente. Niks meer nie en niks minder nie.

“As u iets meer daarvan wil maak as wat dit is, is dit u saak.”

Só lui die boodskap van die eienaar van die Menlo Park Superspar in Pretoria wat hy in reaksie op ’n rubriek van prof. Jonathan Jansen in The Times oor “sjokolade- Zoeloe-ornamente” wat in dié winkel verkoop word, langs die uitstalling in die winkel opgeplak het.

Allerlei ornamente van bo-stuklose Afrika-mans, -vroue en -kinders in etniese uitrustings, met “Made in China”- plakkers op hul voetstukke, word op drie rakke in die winkel uitgestal. Op die rak is ’n stuk oranje karton vasgeplak waarop staan “assorted Zulu’s for R39,95”.

Jansen het eergister in sy rubriek uitgevaar teenoor mense wat poog om ’n beeld van ’n sekere groep mense in ’n ornament vas te vang en dit dan te verkoop.

In sy rubriek sê Jansen ’n mens kan jou net ’n winkeleienaar voorstel wat sjokolade-ornamente van “assorted Afrikaners”, “assorted Indians” of “assorted Englishmen” verkoop.

Jansen het gister aan Beeld erken hy het aanvanklik gedink die ornamente is van sjokolade, maar het later vir homself een gaan koop en gesien dit is inderdaad nie van sjokolade gemaak nie, maar ’n harde sintetiese materiaal.

“Ek het die Times gevra om dit reg te stel, maar hulle het nie. Ek sal in my volgende rubriek ’n regstelling plaas.”

Dié kleurryke ornamente is ’n herinnering aan die probleme wat Suid-Afrika met rasdenke gehad het, het Jansen gesê.

Volgens Jansen is die essensie van apartheid om mense volgens hul ras of etnisiteit te beskryf. “Dit is sommer nonsens om dit in ’n kommersiële produk vas te vat,” het Jansen gesê.

“Jy sal dit nooit kry dat wit mense uitgebeeld word soos wat die swart vroue uitgebeeld is nie. Dit sal absurd wees. Hoekom word Zoeloe-vroue dan só uitgebeeld?

“Stereotipering gaan baie mense nog kwaad maak.”

Mnr. Elias Papavarnavaz, eienaar van die Superspar, kon nie vir kommentaar bereik word nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |