Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Swart ouditeurskandidate betaal minder vir kursus
Swart ouditeurskandidate betaal minder vir ’n kursus as hul wit eweknieë omdat die raad wat dit aanbied, dié afslag gee as deel van hul verbintenis tot swart ekonomiese bemagtiging. ’n Ontstoke kandidaat het dit onder Beeldse aandag gebring dat swart kandidate R2 100 vir ’n kursus moet betaal teenoor die R3 100 wat wit kandidate moet opdok. Die kandidaat wou weet waar-om dié ongelykhede toegelaat word. Die kursus wat kandidate bywoon, bestaan uit twee dele, naamlik die ondersteuningsprogram van die Onafhanklike Reguleringsraad van Ouditeure (ORO) en ’n kursus van die Joint Venture Board Course (JVBC). Albei programme is verpligtend. Mnr. Kariem Hoosain, uitvoerende hoof van die ORO, het in reaksie op Beeld se navraag gesê die ORO is verantwoordelik om die jaarlikse openbare praktiese eksamen op te stel en na te sien wat die finale toets vir die professionele bevoegdheid is om ’n kwalifikasie as geregistreerde ouditeur of geoktrooieerde rekenmeester te kry. As deel van die veldtog om meer vaardighede en gekwalifiseerde rekenkundige professionele mense te kry, word ’n ondersteuningsprogram aangebied vir die kandidate wat nie die openbare eksamen geslaag het nie. Die ondersteuningsprogram word namens die ORO aangebied deur die organisasie NSOA Learning in samewerking met die JVBC. Die inskrywingsgeld vir die deel van die program wat NSOA Learning aanbied, is dieselfde vir alle kandidate, terwyl die JVBC ’n afslag vir swart kandidate aanbied as deel van hul “verbintenis tot swart ekonomiese bemagtiging” en “bydrae tot transformasie in Suid-Afrika”.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|