Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Rasseherrie prut by NWU oor dosent se uitlating
’n Oënskynlik onskuldige verwysing na wanneer studente kwalifiseer om op universiteit te studeer, het ’n rasseherrie op die Vaaldriehoek-kampus van die Noordwes-universiteit (NWU) ontketen. Studente van die Azanian Students’ Convention (Azasco), die ANC-jeugliga en die Pan Africanist Student Movement of Azania (Pasma) eis die kop van mnr. Willie Luyt, ’n dosent in basiese wetenskap, nadat hy glo in ’n klasbespreking gesê het mense wat op plase of in winkels soos Pep Stores werk, sal nie aan ’n universiteit kan studeer nie omdat hulle nie matriek het of aan die nodige toelatingsvereistes voldoen nie. Die voorval het sowat ’n week gelede plaasgevind. Beeld het verneem een student het aanstoot geneem en uit die klas gestap. Die direkteur van die betrokke departe- ment het ook ’n klagte ontvang. Volgens Beeld se inligting het Luyt die studente om verskoning gevra vir enige misverstand wat kon ontstaan het. Daar is ook verduidelik dat die verwysing nie ’n aanval op h?l vermoëns of agtergrond is nie. Die bestuur van dié kampus het die saak na die Menseregtekommissie (MRK) van die NWU verwys om te beslis of daar sprake van rassisme is. Die studentegroepe het ná die voorval striemende boodskappe op pamflette gedruk en op die kampus versprei. Hulle dreig ook om eerskomende Dinsdag hieroor ’n betoging op die kampus te hou. Luidens Pasma se pamflet is dit “ ’n ope geheim dat rassisme op die kampus baie gesond is”. Volgens Pasma behoort die universiteit aan hulle omdat dit “Afrika is en Afrika ons land is”. “Ons waardeer nie gekke wat steeds die waardes van apartheid ondersteun nie, ook nie wit oorheersing wat dalk nog in Holland is nie,” lui die pamflet. Volgens Pasma word hulle wysgemaak dat hulle onnosel is omdat hulle swart is en nie produkte van “Hoerskool” (sic) is nie. Die ANC-jeugliga het Luyt ’n ambassadeur van rassisme genoem en gesê dit bevestig dat die besluit van die onderwysminister korrek is om ’n ondersoek na rassisme in hoëronderwys-instellings te begin. “Mnr. Luyt is nie net ’n risiko vir homself nie, maar ’n gevaarlike ongeleide projektiel wat ’n ernstige bedreiging vir die kampus inhou.” Azasco het sover gegaan om in hul pamflet te sê Luyt is buite orde en dat hy “ons swart kampus moet verlaat”. Die NWU het by monde van dr. Maarten Venter, waarnemende viserektor van die Vaaldriehoek-kampus, gesê alle inligting rondom die voorval is ingesamel en die MRK van die universiteit ondersoek dit. Hy het gesê die bestuur van die universiteit het geen formele versoek vir ’n betoging gekry nie en derhalwe sal dit as onwettig beskou word. “Die pamflette wat tans op die kampus versprei word, is ook nie onderteken nie en dit word ook as onwettig bestempel.” Beeld kon Luyt nie gister vir kommentaar bereik nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|