Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Talle dokters sal waai oor Manto
Twee derdes van dokters, meestal spesialiste, sal emigreer as die minister van gesondheid haarself magte gee om hul tariewe te reguleer. Nog 16% sal nie meer kans sien om heeltyds kliniese werk te doen nie. Dít blyk uit ’n peiling wat die afgelope twee dae deur E2 Solu?tions, ’n IT-maatskappy, gedoen is. Dr. Manto Tshabalala-Msimang het onlangs voorgestelde wetswysings vir kommentaar gepubliseer ingevolge waarvan sy haar regte toeken om betrokke te raak by die vasstelling van dokters en hospitale se tariewe. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) en talle ander rolspelers meen dié “drakoniese” regte kan die einde van die private gesondheidsektor beteken. Die minister sal by magte wees om jaarliks ’n fasiliteerder aan te stel vir die vasstelling van maksimum tariewe vir sekere minimum mediese voordele. Sy sal vyf mense kan aanstel op ’n tribunaal wat die fasiliteerder se besluite sal oorweeg en die finale sê hê indien daar nie ’n ooreenkoms bereik word nie. Daar is ook kommer oor Tshabalala-Msimang se voorstel dat inspekteurs deur die direkteur-generaal van gesondheid aangestel sal kan word wat by magte sal wees om sonder ’n lasbrief enige praktyk of perseel in te gaan om tot dokumente en inligting toegang te kry. Volgens mnr. George Dempster, besturende direkteur van E2 Solutions, bestuur die maatskappy verskeie webtuistes vir spesialiste en het hulle toegang tot ’n groot databasis van mediese praktisyns. Die maatskappy het elektroniese vraelyste uitgestuur en teen gistermiddag het 1 072 dokters al soos volg terugvoering gegee: Dit beteken sowat 83% sal verlore wees vir die mediese praktyk. Boonop was 84% van die deelnemers aan die opname spesialiste en 5% algemene praktisyns. “Sy (Tshabalala-Msimang) het vroeër by die indaba met die private sektor gesê sy sal die praktisyns wat wil emigreer, met graagte vaarwel waai, want daar is duisende dokters wat in Suid-Afrika wil kom werk,” het Archer gesê. “Ek weet nie waar sy hulle gaan kry nie.” Die publiek het net tot Vrydag kans om kommentaar te lewer op die voorgestelde wysigings.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|