Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Tuinier val bejaarde glo aan toe hy kos bring
May 09 2008 10:01:47:937PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

’n Sewentigjarige man het gister in Dunstanstraat in Queenswood, Pretoria, hard teruggebaklei toe sy tuinier van die afgelope agt maande hom na bewering aangerand en in die badkamer probeer ophang het.

Insp. Klaas van der Kooi, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 10:30 plaasgevind.

“Die ou man het vir die tuinier kos geneem. Toe hy die deur oopmaak en die bord vir die tuinier uithou, het die tuinier die mes op die bord gegryp en die ou man daarmee in die bolyf probeer gesteek.

“Die twee het begin stoei.”

Volgens van der Kooi het die bejaarde hard teruggebaklei. “Die tuinier het hom egter tot in die badkamer gesleep waar hy hom probeer ophang het, maar hy het nie daarin geslaag nie.

“Die tuinier het toe met ’n onbekende bedrag geld gevlug,” het Van der Kooi gesê.

Mnr. Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê nooddienswerkers was binne vier minute op die toneel.

“Die man is in die linkerhand en naby sy regterknie gesteek. Daar was ’n tou met ’n lus naby die slagoffer.”

Die bejaarde man is op die toneel behandel en toe na die Netcare Moot-hospitaal geneem.

Van der Kooi het gesê die polisie ondersoek die voorval en hoop om die tuinier binnekort aan te keer. – Virginia Keppler


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |