Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Waarheid sal uit, sê winkeleienaar oor ‘moord’ op kind
May 09 2008 10:01:47:280PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Nicolize van der Walt


Swartruggens. – “Ons wag maar vir die hofsaak en kyk wat gebeur. Dis egter onverantwoordelik van Cosatu om emosies op te sweep en na lugborrels te gryp.”

Só het mnr. Wilhelm Rochér (44), Spar-eienaar van die dorp, gesê oor gerugte dat hy glo ’n 12-jarige kind vermoor het deur hom in ’n vrieskamer te sit en te martel. Volgens Rochér het die gerugte begin by ’n Cosatu-optog tydens die verskyning van die sogenaamde Skielik-skieter, mnr. Johan Nel.

Rochér en reserviste-konstabel Sheroll Mokowe (30) verskyn wel op 11 Junie in die landdroshof op aanklag van aanranding met die opset op ernstig te beseer.

Dít spruit uit ’n voorval op 22 Maart toe die klaer, mnr. Paul Montchane (19), glo kruideniersware en lekkergoed sou steel.

Volgens polisieverklarings is Montchane betrap waarna hy na ’n kantoor geneem is en glo met ’n besemstok geslaan en met ’n bees-skokstok geskok is. Die polisiereservis wat na bewering na die Spar gekom het om ondersoek in te stel, het Montchane glo ook aangerand.

“Dis snert. Ek het nooit ’n hand op hom gelê nie. Ek het agterna gehoor van die bewerings. Dis bog en die hof sal maar aanhoor wat die waarheid is.

“Dis egter Cosatu wat begin het met die opsweping en verspreiding van die gerugte. Hulle veroorsaak konflik. Weet jy, die bietjie spanning wat dalk vanjaar op die dorp was, word deur politici gestook,’’ het Rochér gesê. Hy het gesê die polisie se intelligensiediens was glo ook op Swartruggens om ondersoek in te stel na die “moord”.

Supt. Louis Jacobs, polisiewoordvoerder, het aan Beeld bevestig die klaer in die saak is “springlewend”.

Rochér en sy vrou was ongeveer vier jaar gelede ook in die nuus oor die beweerde onwettige besit van vuurwapens en springstof. “Ek was reaksiemagbevelvoerder totdat die kommando’s gesluit is. Al hierdie sake teen ons is teruggetrek. Winkeldiefstal is ’n reuse-probleem en hoe duurder kos word, hoe meer neem die probleem toe. Ek het egter nie ’n hand op die klaer gelê nie,’’ het Rochér gesê.

Hy het aan Beeld gesê sy pa is 1995 vermoor en in 1996 “het hulle gekom vir my en ek was nie by die huis nie. Ongelukkig het hulle toe ons huishulp wreed vermoor.” ’n Mosambieker is glo toe vasgetrek vir die moord op die huiswerker.

“Mense moet weet wat die waarheid is en daarom voel ek Cosatu moet hul leuens regstel.”

Mnr. Solly Phetoe, provinsiale sekretaris van Cosatu, was teen druktyd nie beskikbaar vir kommentaar nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |