Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Ontkleedanseres erken aandeel in wurgmoord
May 09 2008 10:01:46:403PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Magdel Fourie


’n Ontkleedanseres van Randburg is gister vir effektief 13 jaar tronk toe gestuur nadat sy skuld beken het vir haar aandeel in die wurgmoord op haar vriendin in ’n hotelkamer in Sunnyside, Johannesburg.

Bernadee Cilliers (30) het vandeesweek in die Johannesburgse hooggeregshof in detail vertel hoe me. Concelia Maré (20) deur die pa van haar buite-egtelike seuntjie vermoor is – en hoe sy dit daarna vier maande lank geheim gehou het.

Die verhoor van mnr. Clinton Kramer (37), haar medebeskuldigde en voormalige lid van die berugte “blouligbende”, is gevolglik van hare geskei en sal later vanjaar aangehoor word.

Cilliers het in haar pleitverduideliking vertel sy het “geweet” Kramer gaan Maré “leed aandoen” toe hulle haar op 7 Mei 2006 na die Pretoria-hotel in Sunnyside, Johannesburg, gelok het.

Kramer het ’n ruk tevore aangedring Cilliers lok Maré na die hotelkamer sodat hulle “ ’n deal met haar kan maak”.

Op dié dag het sy en Maré eers saam dwelms gebruik, waarna hulle na die hotel is waar Kramer gewag het. Binnegekom, het Kramer Maré begin slaan en Cilliers beveel om na die badkamer te gaan, het sy gesê.

“Ek het toe gehoor hoe die oorledene aangerand word, en toe ek uitkom was hy besig om haar te verwurg.”

Hierna het ’n “geskokte” Cilliers die hotel verlaat en, steeds bedwelm, in ’n kroeg gaan sit.

“Ek het besef die oorledene word vreeslik aangerand en het niks gedoen om myself hiervan te distansieer nie. Ek het dit nie probeer keer nie, en het nie hulp gesoek nie. Maar ek het nie geweet hy wil haar doodmaak nie.”

Terug in die kamer het sy die mure oortrek van bloed gevind.

Kramer het toe ’n lap in haar hand geprop en gesê sy moet die mure afvee, het sy gesê.

Hierna het sy en Kramer in Maré se Mercedes-Benz SLK van die hotel af weggery.

In opdrag van Kramer het sy ’n ruk hierna dié motor, sowel as Maré se juwele, verkoop en die geld vir Kramer gegee.

“Hy het toe vir my gesê dat ek ’n medepligtige is en as ek na die polisie gaan, ek baie lank tronk toe sal gaan, en sal opeindig net soos die oorledene.”

Kramer het ook aan haar vertel hy het die hotelkamer aan die brand gesteek om die bewyse te vernietig, het sy gesê. Maré se lyk het onherkenbaar verbrand en is eers maande later uitgeken.

“Ek was bang vir hom, want ek het gesien waartoe hy in staat is.” Die twee is eindelik in September 2006 gearresteer.

Regter George Maluleke het Cilliers gevolglik skuldig bevind op aanklagte van moord en diefstal. “Sy het wel nie fisiek aan die moord deelgeneem nie. Maar sy het vier maande lank voortgegaan om Maré se familie te besoek sonder om ’n woord te rep oor haar ‘vermiste’ vriendin.

“En Maré moes ’n wrede dood sterf waardeur ’n klein kindjie agtergelaat is om vir ewig te wonder wát sy ma gedoen het dat sy so gruwelik doodgemaak moes word,” het Maluleke gesê.

Vir die moord is sy tot 14 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan twee jaar opgeskort is vir vyf jaar, en vir die diefstal vier jaar tronkstraf, waarvan drie jaar gelyktydig met die moordvonnis uitgedien sal word.

Kramer se verhoor sal na verwagting op 1 September begin.

Cilliers sal hierin as staatsgetuie teen Kramer getuig.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |