Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Astrante’ diewe by premier
Durban. – Premier S’bu Ndebele van KwaZulu-Natal het gister sy woede uitgespreek oor misdadigers se astrantheid wat ondanks die teenwoordigheid van verskeie wagte by sy huis in die noorde van die stad ingebreek het. Die inbraak eergisternag by Ndebele se private woning in Glenashley kom sowat ’n week nadat tienduisende rande se aluminium die afgelope langnaweek gesteel is van die dak van die presidentswoning in Pretoria, Ma-hlambandlovu, waar konstruksiewerk gedoen word. Verskeie wagte van die polisie én ’n private veiligheidsmaatskappy was aan diens by Ndebele se huis waar sy 21-jarige dogter en ’n universiteits-vriendin geslaap het. Die premier het ook ’n ampswoning in Pietermaritzburg. Dir. Phindile Radebe, provinsiale polisiewoordvoerder, kon gister nie sê of die wagte enigiets verdag by die huis opgemerk het nie. Volgens mnr. Logan Maistry, woordvoerder van die premier, het die inwonende huiswerker die inbraak gister om 04:00 ontdek. ’n Deur is oopgedwing en ’n rekenaar van die premier gebuit, asook ’n DVD-speler en klere. Ndebele het ná die inbraak volgens Maistry gesê hy voel gekrenk en woedend dat die misdadigers nie eens afgeskrik is deur die feit dat daar 24 uur per dag wagte aan diens is nie. “Dit sê vir my hulle was voorbereid op ’n konfrontasie en dat hulle bereid was om te baklei of iemand dood te maak,” het die premier volgens Maistry gesê. Ndebele het daarop gewys dat dit nie die eerste keer is dat hy onder misdaad deurloop nie. Hy het gevra dat die publiek betrokke raak by die “breë front teen misdaad”, ’n gemeenskapsgegronde veldtog wat pres. Thabo Mbeki verlede jaar aan die hand gedoen het. Ndebele het ook gesê almal moet saamstaan teen misdaad, wat ook beteken dat mense nie gesteelde goedere moet koop nie. Die premier het gesê baie van sy inligting was op die gesteelde rekenaar. Diewe het verlede jaar ook op die huis van mnr. Bheki Cele, LUR vir gemeenskapsveiligheid en -skakeling, toegeslaan. Die omstandighede van eergisternag se inbraak word nog ondersoek en sy kon teen gistermiddag nog nie sê of die polisie ondersoek gaan instel na ’n veiligheidsbreuk in verband met dié voorval nie, het Radebe gesê. Sy kon ook nie sê of die private veiligheidswagte deur die staat of die premier in sy persoonlike hoedanigheid betaal word nie. Mnr. Bongani Mthembu van Enforce het alle navrae verwys na ene mnr. Dumisani Nyando, ’n personeellid in die premier se kantoor.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|