Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Berugte polisielid in hegtenis oor skietery
May 09 2008 10:01:43:827PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Vas aan die slaap. 'n Beeld-leser het vroeër tydens 'n hofsaak dié foto van Mapulane geneem.
Buks Viljoen


’n Polisieman van Evander in Mpumalanga, wat al skuldig bevind is op ’n aanklag dat hy ’n verdagte uit die hof help ontsnap het, is in hegtenis geneem nadat hy sy eie vriend raak geskiet het.

Groot geheimhouding het die afgelope week in Hoëveldse polisiekringe geheers oor die inhegtenisneming van konst. Billy Mapulane.

Hy werk as hofordonnans in die streekhof in dié dorp. Mapulane is verlede Vrydagnag op Standerton in hegtenis geneem kort nadat hy sy vriend in die maag geskiet het.

Supt. Abie Khoabane, polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het gister bevestig dat ’n aanklag van poging tot moord teen Mapulane ondersoek word.

Mapulane en vriende het glo die betrokke aand in ’n sjebien naby Standerton gekuier toe ’n bakleiery uitgebreek het.

Volgens Khoabane het die bakleiery gevolg op ’n stryery oor ’n vrou. “Dit wil voorkom asof drank ook ’n rol in die voorval gespeel het,” sê Khoabane.

Mapulane, wat nie ten tyde van die voorval aan diens was nie, het in ’n stadium sy dienspistool uitgepluk en twee skote geskiet. Sy vriend is in die maag getref. Mapulane is later by die plaaslike hospitaal in hegtenis geneem.

Daar is onder meer op sy dienspistool beslag gelê. Hy is eergister op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Dit is nie die eerste keer dat Mapulane met die gereg bots nie. Hy is verlede jaar in die hof daaraan skuldig bevind dat hy ’n verdagte gehelp ontsnap het.

Hy het toe ’n opgeskorte vonnis gekry. Departementele stappe is egter nooit in hierdie saak teen hom ingestel nie.

Sowat 18 maande gelede is Mapulane wel op ’n ander ontsnappingsklag departementeel ondersoek.

Volgens Khoabane is Mapulane destyds aangekla omdat hy glo omkoopgeld van ’n verdagte aanvaar het.

“Die bewering wat ons ondersoek het, was dat Mapulane die verdagte na bewering uit die selle gehaal en hom bank toe gevat het, waar die verdagte geld getrek en aan hom (Mapulane) gegee het.”

Die interne verhoor moes egter laat vaar word toe die verdagte geweier het om teen Mapulane te getuig, sê Khoabane.

Die afgelope twee jaar was daar minstens drie ontsnappings uit die Evander-hof waar Mapulane die hofordonnans is.

’n Beeld-leser wat anoniem wil bly, het vroeër vanjaar ’n foto van Mapulane geneem terwyl hy tydens ’n hofsaak in die streekhof gesit en slaap het.

“Geen wonder verdagtes ontsnap so maklik uit die hof nie,” sê die leser.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |