Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Vanderbijlpark verwag 64 000 vir Buchan
May 09 2008 10:01:42:077PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Angus Buchan Foto: Neels Jackson
njackson@beeld.com

Drie weke gelede was dit Greytown. Vandag is dit Vanderbiljpark wat gaan kreun onder die toestroming van tienduisende mense wat na die evangelie uit die mond van mnr. Angus Buchan wil kom luister.

Mnr. Jan Meiring, ’n organiseerder, het gister gesê hulle verwag meer as 64 000 men- se by die Isak Steyl-stadion in dié dorp. Die organiseerders het meer as 4 000 oproepe op een dag alleen gekry van groepe mense wat wil kom.

Met die kaartjies van Buchan se Loftus-byeenkoms wat uitverkoop is, wil baie mense nou Vanderbijlpark toe kom. Hulle het oproepe gehad uit Pretoria, Bloemfontein en Bethlehem.

Meiring sê hulle moes skielik voorberei vir meer as drie keer soveel mense as wat aanvanklik verwag is, maar hulle is gereed.

Hulle het byvoorbeeld ’n parkeerterrein vir 12 000 motors en dan is daar ook nog parkeerplek by kerke en skole waarvandaan mense na die stadion aangery sal word.

Daar gaan ook 350 beraders wees om te verseker hulle kan die inligting van mense kry wat oorgawes aan God maak, sodat opvolgbediening gedoen kan word.

Meiring het belangstellendes aangeraai om vroeg te kom. Die stadion se hekke sal om 08:00 oopgemaak word, maar hy sê daar is mense wat aangedui het dat hulle voor die hekke gaan kom slaap.

Die program begin om 11:00 en Buchan praat om 16:00. Kos en koeldrank sal te koop wees. Mense moet hul eie stoele saambring. – Neels Jackson


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |