Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Pretoria rol die rooi tapyt uit vir Madiba-eer
May 09 2008 10:01:40:857PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Cobus Claassen


Pretoria maak reg vir ’n reuse-makietie wanneer hy Dinsdag ereburgerskap aan oudpres. Nelson Mandela toeken.

Die Tshwane-metroraad het bekend gemaak hy gaan dié eerbewys – die grootste eer wat die hoofstad aan ’n individu kan toeken – op ’n swierige plegtigheid by die Pretoriase stadsaal aan Madiba oorhandig.

’n Lang lys van stede het al ereburgerskap aan dié gewilde oudpresident toegeken met internasionale stede soos Londen, Sydney en Rio de Janeiro wat reeds op sy kerfstof pronk. Kaapstad, Durban en Bloemfontein het Mandela ook reeds op dié wyse vereer.

Die Tshwane-raad het verlede maand op ’n vergadering besluit dit sal gepas wees om Mandela met ereburgerskap “te beloon”.

Dr. Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester, het gesê Mandela is immers in dié stad as die eerste demokratiese president van Suid-Afrika ingewy.

“Die toekenning word gedoen uit erkenning vir die rol wat hy as president gespeel het en die lyding wat hy moes deurmaak vir vryheid en regverdigheid vir alle Suid-Afrikaners – swart en wit.”

Regeringsleiers, top-sakelui, diplomate en verteenwoordigers van nasionale en provinsiale regeringsdepartemente sal die plegtigheid in die stadsaal bywoon.

Mnr. Console Tleane, die raad se kommunikasiehoof, het gesê die publiek sal die gebeurtenis op Kerkplein in die middestad op ’n groot skerm kan volg. Dit lyk egter of Madiba nie na Pretoria gaan reis om die opskop by te woon nie. Tleane het gesê die oorhandiging sal by ’n private geselligheid plaasvind en regstreeks na die stadsaal en Kerkplein uitgesaai word.

  • cclaassen@beeld.com


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |