Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ja, dit het regtig gebeur!
Die olifant en die motor is raar, maar waar. Hieroor kan twee toeriste van Switserland wat Suid-Afrika in Maart besoek het, getuig. Mnr. Rico Beltrame (27) en sy suster, Angela (29), het om 09:00 op 21 Maart tydens hul vakansie by die Hluhluwe Umfolozi-natuurreservaat in KwaZulu-Natal die ervaring van hul lewens gehad toe ’n olifant sy voet en kop op hul gehuurde motor gesit het. Beeld het Beltrame gister per telefoon in Switserland opgespoor. Hy het gesê hulle was verskriklik bang toe die olifant na hulle aangestap gekom het. “Voor ons het ’n besigtigingsvoertuig met toeriste gery. Ek en my suster het agter in die Golf gery. Ons het ’n groep olifante gesien en begin foto’s neem toe die olifant na ons toe gestap het. ’n Veldwagter het geskreeu dat ek die motor moet afsluit, wat ek gedoen het.” Hy het gesê hulle het eers gedink die olifant gaan verbystap. “Toe hy doodstil by ons kom staan het en eers sy voet op die motorkap gesit het, het ons baie bang geword. Ons het tussen vyf tot ses minute doodstil gesit en wag voordat die olifant verder gestap het.” Hy het gesê dit was ’n ongelooflike ervaring. Mnr. Keith Marallich van Far and Wild Safaris het gesê die foto is deur mnr. David Plumb, ’n Britse kliënt van hulle, tydens ’n oggendrit naby die reservaat se Memorial Gate geneem. Me. Renette van der Merwe, streekbestuurder van Budget Rent-a-car, by wie die Beltrani’s die Golf gehuur het, het die voorval bevestig. “Dit het werklik gebeur. Dit het sowat R7 000 gekos om die skade aan die voertuig te herstel,” het Van der Merwe gesê. Verskeie Beeld-lesers het gister hewig gereageer op die geloofwaardigheid van die foto. Mnr. Neels van Tonder van Marikana het gesê: “Die foto van die olifant en die Golf is ’n goeie voorbeeld van ’n sleg gemanipuleerde foto.” “Die enigste manipulasie is die olifant wat die Golf manipuleer, om nie eens te praat van die twee uitgestresde mense nie. Ek is seker hulle voel verontwaardig!” het mnr. Johan Kruger laat weet. Mnr. Stan Louw het gesê olifante het ’n skofhoogte van sowat 3 m tot 3,5 m en nie 5 m soos op die foto nie. “Ek glo die foto is geneem met ’n olifant se slurp op die Golf se dak, maar toe uit proporsie opgeblaas. Só ’n groot olifant sou lankal nuus gemaak het.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|