Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Vonke spat by DA oor president se kwytskeldings
Kaapstad. – Die vonke het eergister behoorlik in die weeklikse parlementêre koukus van die DA gespat toe die kwessie van presidensiële kwytskeldings ter sprake gekom het. Die koukus het ’n aanbeveling verwerp dat die mandaat van die veelpartykomitee wat pres. Thabo Mbeki aangestel het om hom raad te gee oor die hantering van sowat 1 000 mense wat beweer hulle word om politieke redes aangehou, uitgebrei word. Die veelpartykomitee se voorsitter is ’n senior DA-LP, dr. Tertius Delport, en volgens Beeld se inligting het hy behoorlik deurgeloop onder aanvalle van die liberale strydrosse mnr. Tony Leon en me. Dene Smuts. Na wat betroubaar verneem word is menings sterk bewoord. ’n Mening van ’n Bolandse LP, mnr. Ryno King, dat Delport onderskraag moet word, het misluk. Delport en sy komitee se aanbeveling word deur die liberale kern van die party gesien as ’n gepoogde tweede Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK), om langs ’n omweg ’n meer algemene amnestie as voor die WVK te verkry vir diegene wat menseregtevergrype gepleeg het tydens die vorige bedeling. Ná afloop van die koukus het me. Helen Zille, DA-leier, ’n verklaring uitgereik wat die party se standpunt stel. Dié standpunt is na wat Beeld verneem nie eenparig aanvaar nie. Die basiese uitgangspunt daarvan is dat slegs mense wat ’n regsproses deurgeloop het, om kwytskelding in aanmerking kom. Dit sluit hofprosesse en die WVK se amnestiekomitee in. Hierby word die skeiding van magte verreken – politici kan nie ’n regsproses bestuur nie. Om mislukte amnestie-aansoekers in te sluit by diegene wat vir kwytskelding in aanmerking kan kom, sou inderdaad ’n verbreding van die komitee se mandaat beteken en die DA steun dit. “Die DA se koukus het die gedagte verwerp dat die mandaat van die komitee aangepas word om amnesties en kwytskeldings in te sluit vir mense wat van vergrype verdink word, maar nie ’n hofproses deurgeloop of voor die WVK verskyn het nie. “Politici kan nie die rol van regters oorneem nie en kan slegs kwytskelding aanbeveel vir mense wat reeds in die hof skuldig bevind is,” het Zille gesê.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|