Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


ANC se linkse vennote wil terug-Hop
May 09 2008 10:01:37:233PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Só maak mens, kameraad! Mnre. Sdumo Dlamini, waarnemende president van Cosatu, en Jacob Zuma, ANC-leier, gister by die regerende alliansie se beraad in Midrand. Foto: Mario van de Wall
Jan-Jan Joubert


Midrand. – Die ANC se linkse vennote het gister te kenne gegee dat hulle voortaan gaan aandring op ’n makro-ekonomiese beleid wat afwyk van die markgerigte Gear en teruggaan na die meer herverdeling-gerigte idees van die heropbou-en-ontwikkelingsprogram (Hop).

Dit was op die eerste dag van die alliansieberaad tussen die ANC, SAKP en Cosatu duidelik dat die linkses hul spiere bult in die aanloop tot die post-Mbeki-era.

Pres. Thabo Mbeki en pres. Robert Mugabe van Zimbabwe was telkens in die visier van deelnemers aan die beraad by Gallagher Estate.

Dr. Blade Nzimande van die SAKP en mnr. Zwelinzima Vavi van Cosatu het, met die minister van finansies, mnr. Trevor Manuel in die gehoor, die Gear-beleid baksteen vir baksteen afgebreek.

Hul voorstelle sal nou bespreek word en teen môremiddag sal die beraad ’n verklaring uitreik oor verskeie nasionale beleidskwessies, wat ’n koersaanduider kan wees vir ’n moontlike Zuma-presidentskap.

Zuma self het oor die algemeen sy woorde getel en veral ’n beroep om eenheid in die alliansie gedoen. Belangwekkend genoeg het hy ook na Hop verwys as ekonomiese beleid, eerder as na Gear. Hy het egter vir Mugabe goed streepsuiker gegee, en spesifiek weer aangedui dat hy van Mbeki verskil: Daar ís ’n krisis in Zimbabwe.

“Ons het die moeilike stap geneem om ’n medebevrydingsbeweging as regering skerp te kritiseer.

“Gelei deur ons revolusionêre beginsels het ons ons uitgespreek vír die waardes waarin ons glo en waarvoor ons geveg het, respek vir die demokrasie en vir menseregte.

“Die onwilligheid van die Zimbabwiese verkiesingskommissie om die uitslae bekend te maak kom neer op die sabotasie van demokrasie.”

Nzimande en Vavi het Zimbabwe ook aangeval, was uiters krities oor die wyse waarop die Mbeki-regering en Eskom die kragkrisis laat ontstaan het en hoe die SAUK ’n staatsuitsaaier eerder as ’n openbare uitsaaier geword het. Maar veral het hulle dit gehad oor hoe die land se groeiende welvaart na arm mense afwentel moet word, en met strukturele veranderings om dit te verwesenlik – voorstelle waaroor daar Sondag groter duidelikheid sal wees.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |