Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


‘Dankie aan almal wat aan my dink’
May 09 2008 10:01:34:857PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Slaggereed vir die stryd...Steve Hofmeyr het hom gistermiddag met 'n Blou Bulle-serp in sy hospitaalbed voorberei op gisteraand se Super14-wedstryd tussen die Bulls en die Brumbies.
Verwante Berigte
  • Steve letterlik weer op been
  • 'Dit was die skok van my lewe'
  • Steve 'beter as gister'
  • Steve sê oor joernalis-gryp
  • Steve gryp joernalis
  • Philip de Bruin


    “Ek het vanoggend (gisteroggend) in ’n diep depressie wakker geword. Ek het neerslagtig gevoel oor wat die toekoms vir my inhou.”

    Só gesels die sanger, akteur en TV-aanbieder Steve Hofmeyr gister ná sy noodoperasie Maandagoggend om ’n dikderm-perforasie te laat herstel.

    Hofmeyr het Beeld se vrae deur ’n tussenganger, sy vriendin en sakevennoot me. Amanda Singleton, beantwoord.

    “Hoewel ek vanoggend baie depressief was, het dit gelukkig deur die dag beter begin gaan en vanmiddag voel ek sommer weer piekfyn. Natasha (sy vrou) dra baie daartoe by. Sy is pal aan my sy.”

    Hofmeyr het hom gistermiddag begin gereed maak vir gisteraand se Super14-wedstryd tussen die Bulls en die Brumbies. Die Bulls-span het vir hom ’n Blou Bulle-serp hospitaal toe gestuur en dié is “permanent om my nek”.

    “As ek ’n draai gaan loop en my binne-aarse voeding se staander saamsleep, draai ek die serp om die staander.”

    Hofmeyr sê een goeie ding “van hierdie terugslag is dat ek nou meer op Loftus sal kan wees as op die verhoog”.

    Die noodoperasie en dat hy so ernstig siek was, het hom laat besef hy sal ’n bietjie die rem moet vastrek.

    “Ek besef nou ek sal my hele lewe moet herevalueer. Dis vir my moeilik om vir enigiemand nee te sê, maar ek sal voortaan stadiger moet gaan.”

    Hy het sy kitaar by hom in die hospitaal en het reeds een van die verpleegsters geleer kitaarspeel. En daar was ’n lekker verrassing vir ander pasiënte in ’n saal naby sy private kamer. Hy het met die kitaar na hulle gestap en vir hulle ’n paar liedjies gesing.

    Singleton sê Hofmeyr se mediese span het aan haar gesê hy het “werklik merkwaardig” herstel ná so ’n groot operasie.

    “Die spesialis sê hy gaan Steve nie voor op die vroegste Sondagaand huis toe stuur nie, maar waarskynlik eers Maandag of Dinsdag. My eie waarneming is dat dit goed gaan met Steve, hoewel hy uiteraard nog baie pyn het en baie moet rus.”

    Sy sê Hofmeyr het gevra Beeld moet aan almal wat aan hom gedink het, ’n baie groot dankie sê.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |