Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


’n Matriekseun kry sy ID ná berig in Beeld
May 09 2008 10:01:34:043PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Moedelose seun 'se lewe staan stil' oor ID-boek
  • Marisa Phillips


    Welkom. – Die matriekseun van dié stad wie se lewe tot stilstand gekom het omdat hy nie ’n identiteitsdokument kan kry nie, sal glo Vrydag sy nuwe identiteitsboekie in sy hand hê.

    Mev. Wilmaru van der Merwe sê nadat Beeld berig het dat haar seun Dawie nie kan matriekeksamen skryf omdat hy nie ’n ID het nie, het ’n vrou van die minister van binnelandse sake se kantoor in Pretoria haar gebel.

    “Eers het ’n me. Elsie Janse van Rensburg gebel. Sy werk vir ’n groot hotelgroep en het gesê sy ken iemand in die minister se kantoor. Later het me. Melanie Potgieter van die minister se kantoor gebel. Sy het gesê sy sal sorg dat Dawie se nuwe ID-boek Vrydag deur ’n koerierdiens na ons huis gebring word.”

    Van der Merwe sê die probleem het ingesluip omdat daar op presies dieselfde dag as Dawie nóg ’n seun met presies dieselfde name gebore is. Die ander seun het eerste om ’n ID aansoek gedoen en toe Dawie wou aansoek doen, kon niemand hom help nie.

    Hy kan nie vir die matriekeksamen registreer nie, kan nie om ’n rybewys aansoek doen nie en kan ook nie by ’n universiteit aansoek doen nie.

    Van der Merwe sê albei die vroue wat haar gister gebel het, was baie behulpsaam en gaaf.

    “Nou hou ons duim vas dat Dawie Vrydag sy nuwe ID-boek sal hê.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |