Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Bekende rugbyspeler se suster verkrag
May 09 2008 10:01:33:280PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Korrespondent


Kaapstad. – Die suster van ’n bekende rugbyspeler is ontvoer en verkrag nadat drie mans haar by die Kaapse hospitaal waar sy opgelei word, oorval het.

Dié universiteitstudent is Maandag net voor 12:00 by die hospitaal aangeval. Besonderhede oor die voorval het eers gister bekend geword.

Kapt. Marie Louw, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n 20-jarige student is deur drie mans met messe aangeval toe sy uit haar voertuig in die parkeerterrein geklim het.

Sy was op pad na haar klas in die hospitaal.

Sy is in haar motor teruggedwing en deur die drie mans na ’n leë huis in Klipheuwel geneem waar sy glo verkrag is.

Volgens Louw is die verdagtes se aandag afgelei deur iets wat buite die huis gebeur het.

“Die student kon daarin slaag om te ontsnap en het met haar motor na haar huis in Stellenbosch teruggery. Haar ma en ’n vriendin het haar bygestaan en na ’n hospitaal geneem.”

Die familie kon nie teen druktyd om kommentaar bereik word nie.

Hulle is na verneem word op ’n plek waar daar nie selfoonontvangs of ’n landlyn is nie.

Dit is nie bekend hoe erg die meisie beseer is nie.

Die universiteit het gister in ’n verklaring sy skok en ontsteltenis daaroor uitgespreek dat een van sy studente ontvoer en aangerand is.

“Geweld teenoor vroue is werklik ’n wrede en lafhartige daad en dit bereik ongelukkig onbeheerbare vlakke in ons land. Geweld teen vroue in Suid-Afrika is ’n raslose kwessie en die feit dat dié verskriklike wreedheid toeneem, is ’n skande vir ons land,” lui die verklaring.

Die universiteit het sy medelye met die familie uitgespreek en gesê hy gaan alles in sy vermoë doen om hulle by te staan. Daar word ook nou saamgewerk met die betrokke hospitaal om veiligheid te verseker.

Volgens ’n woordvoerder van die hospitaal is hulle “absoluut geskok” , “veral gegee die feit dat ons breedvoerige veiligheidsmaatreëls het. Dit is vir my ’n groot bron van kommer dat ons veiligheidsmaat-reëls gebrekkig was.”

Volgens hom patrolleer veiligheidsbeamptes die perseel 24 uur per dag te voet en op fietse.

Dit is die hospitaal se verantwoordelikheid om die veiligheid van studente te verseker.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |