Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Onbekende man gee voor hy is Arno Carstens, vra geld vir toer
May 09 2008 10:01:32:497PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Arno Carstens



Kaapstad. – Die musikant Arno Carstens se ouers is woedend vir ’n onbekende man wat voorgee om hul kind te wees en dan mense bel om geld te bedel vir “ ’n toer na Londen”.

Mev. Helena Carstens, Arno se ma, sê hulle het die eerste keer daarvan uitgevind toe die identiteitsdief Dinsdag ’n familievriend gebel het. Die onbekende man het gesê hy soek geld vir ’n toer na Londen.

Die familievriend het egter onraad vermoed en die man uitgevra oor sy familie.

Die onbekende man kon egter nie sê wat Arno se pa (mnr. Jos Carstens) se naam is nie. Die familievriend het toe dadelik die Carstens-egpaar, wat in Worcester bly, geskakel.

Mev. Carstens wil graag die publiek waarsku om nie geld vir die bedrieër te gee nie.

“Daar is baie mense wat geld sal gee omdat hulle die kunste wil ondersteun. Mense in ander dorpe kan dalk ook hierdeur geflous word.”

Volgens haar is Arno al twee weke lank in Londen en sal hy nóóit geld bedel nie.

“Ons is baie geskok hieroor. Ek is so bang dié ding stel Arno nou in ’n slegte lig.”

Die man het blykbaar ook oor die foon gesê hy hou meer van mans as vroue. Mev. Carstens is baie ontsteld hieroor en sê haar seun is getroud.

Arno Carstens het sowat twee weke gelede na Londen vertrek nadat hy ’n kontrak met John Giddings gesluit het.

Giddings is die agent van kunstenaars soos die Rolling ?Stones, Madonna en U2. – Sarietha Engelbrecht


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |