Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Tyd te min vir verhore oor Skerpioene, sê DA
May 09 2008 10:01:31:717PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Kaapstad. – Onvoldoende tyd is opsygesit vir die openbare verhore waartydens die voorgestelde ontbinding van die Skerpioene onder die soeklig gaan kom.

Die DA het gister dié mening gelig nadat voorlopige datums vir openbare verhore vir dié doel bekend gemaak is. Die DA meen 30 dae in plaas van die vyf gaan voldoende wees.

Me. Dianne Kohler Barnard, DA-LP, het in ’n verklaring gesê die voorlopige program vir die openbare verhore illustreer die regering se minagting vir die openbare deelnameproses én vir die regbank.

“Dit is omdat onvoldoende tyd opsygesit is vir die publiek om die wetgewing behoorlik te oorweeg voordat die openbare verhore ’n aanvang neem en omdat die regering vasbeslote is om dié ondeurdagte wetgewing deur te druk ondanks die feit dat die wettigheid van hul besluit tans voor die hooggeregshof is,” het Kohler Barnard gesê.

Die verhore is geskeduleer vir 11, 13, 17, 18 en 20 Junie.

Volgens Kohler Barnard is dit absurd dat datums vir openbare verhore opsygesit is terwyl daar aanduidings is dat die konsepwetgewing nog nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie.

Hoe langer dit uitgestel gaan word, hoe minder tyd gaan die publiek hê om dit te oorweeg.

“Gegewe die teenkanting teen die ontbinding van die Skerpioene en die belangrikheid van die kwessie vir misdaadbestryding, is die vyf dae onvoldoende om alle stemme te hoor.”

In dié verband is daar ’n sterk saak vir openbare verhore om in elke provinsie gehou te word, aangesien die direktoraat van spesiale ondersoeke kantore in elke provinsie het, meen die DA. – Philda Essop


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |