Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


4 vas wat glo kitsbanke opblaas, transitorooftog pleeg
May 09 2008 10:01:27:903PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dries Liebenberg


Durban. – Vier vermeende lede van ’n bende wat glo vir kitsbankontploffings en gewapende rooftogte in KwaZulu-Natal en elders in die land verantwoordelik is, is gister in die vroeë oggendure hier aangekeer.

Die polisie het op 19 stukke plofstof en 4 ontstekers beslag gelê nadat die mans gister kort ná middernag op die N2-hoofweg by die Durbanse buurt Chesterville aangekeer is, het sr.supt. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, gesê.

Dié bende word verdink van ’n transitorooftog in Maart in Flagstaff waar ’n veiligheidswag doodgeskiet is en was moontlik ook verantwoordelik vir verskeie ontploffings by kitsbanke in KwaZulu-Natal, asook gewapende rooftogte en transitorooftogte in dié provinsie.

Lede van die Durbanse eenheid teen georganiseerde misdaad het die plofstof by ’n huis van een van die verdagtes ontdek nadat hul motor op die hoofweg voorgekeer is.

In ’n ander deurbraak is twee lede van ’n bende rowers eergister naby Louwsberg met sakke vol kontant by hulle aangekeer nadat ’n pensioenbetaalpunt vroeër die oggend in die Pongola-omgewing beroof is.

Twee mense is in dié voorval doodgeskiet.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |