Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Departement laat eindelik herstelwerk by hof doen
May 09 2008 09:44:04:647PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Onveiligheid maak hof 'n teiken - hoë
  • Virginia Keppler


    Die departement van openbare werke (DOW) het gister met herstelwerk by die landdroshofgebou in Pretoria-Noord begin danksy Beeld se berig oor die hopelose en onveilige situasie waarin die hof moes funksioneer.

    ’n Kontrakteur het gisteroggend stiptelik om 08:00 by die hof opgedaag met sy span om eers die dak te herstel. Beeld het eergister, op uitnodiging van mnr. Flip de Kock, veiligheidshoof by dié hof, berig oor die hof se veiligheidstelsel van meer as R1 miljoen wat sedert September buite werking is en oor die gebou wat inmekaar val. Dit het veroorsaak dat die hof ’n maklike teiken vir die diewe geword het.

    De Kock het gesê meer as 20 deure en ander belangrike deure by die hof kan nie gesluit word nie en dit het veroorsaak dat verskeie selfone, ketels, koppies en selfs die hofstempel die afgelope maande gesteel is.

    Hy het verder gesê die plafon word nat elke keer as dit reën en dit sak inmekaar. Dié nattigheid veroorsaak dat die bedrading in die dak nat word en dit lei weer tot kragonderbrekings.

    De Kock het ook gesê die hof het nie ’n ondersteuningstelsel vir wanneer die krag afgaan nie en dat meer as tien lugversorgingseenhede al bykans ’n jaar lank buite werking is.

    “Net ná dié berig het ’n kontrakteur opgedaag om die plafon te herstel, maar hy het geloop omdat hy nie kan werk alvorens die dak herstel word nie.

    “Ek is baie bly en opgewonde oor die vordering en ek bedank Beeld al het die berig my byna in die moeilikheid laat beland.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |