Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Nuwe eersteklastrein is vinnig én veilig
May 09 2008 10:01:26:390PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die Business Express kan pendelaars wat elke dag die N1 tussen Pretoria en Johannesburg moet trotseer, baie tyd spaar. Foto: Herman Verwey
Verwante Berigte
  • Sake-sneltrein wil verkeerschaos pak
  • Carina van Wyk


    Die parkeergeriewe vir sakelui wat van oormôre af met die nuwe eersteklastrein van die Jakarandastad na Johannesburg toe wil pendel, is klaar voltooi én veilig, het mnr. Sibusiso Ngomane, Metrorail se kommersiële bestuurder in die Witwatersrand, gister gesê.

    Soortgelyk aan sekere winkelsentrums kry jy ’n kaartjie wanneer jy jou motor by die Pretoria-, Centurion-, Kempton Park- of Johannesburgstasie parkeer, waarsonder jy nie weer met jou motor uit die terrein kan ry nie.

    Die Business Express is op sakelui en werknemers gemik wat daagliks van Pretoria af Johannesburg toe en terug ry. Reistyd gaan nét minder as een uur wees.

    Business Express-kliënte gaan eksklusiewe kaartjiekantore en wagareas hê.

    Daar gaan ook ’n gewapende veiligheidswag op elkeen van die nege passasierswaens wees.

    Altesame 700 polisielede is tans 24 uur per dag op ’n roterende basis op Metrorail se netwerk in Gauteng aan diens en dié syfer gaan volgens Ngomane teen 2010 op 5 000 polisielede staan. Hulle werk in skofte op verskillende kontakpunte, wat polisiestasies insluit.

    Die trein gaan in die oggend om 06:15 vanuit Pretoria vertrek, om 06:25 in Centurion stilhou, om 06:55 in Kempton Park en om 07:15 in Johannesburg wees. Hy vertrek dan weer 17:30 terug na Pretoria.

    Die diens gaan in Junie uitbrei om ’n oggendrit van Johannesburg na Pretoria en ’n middagrit in die teenoorgestelde rigting in te sluit.

    Daar gaan busdienste beskikbaar wees na punte binne ’n radius van 25 kilometer van elke stasie. Die busdienste en parkeergeld is by die treinkaartjie se koste ingesluit.

    ’n Enkelkaartjie van Pta na Johannesburg kos R30, ’n retoerkaartjie kos R60, ’n weeklikse retoerkaartjie R300 en vir ’n maandelikse retoerkaartjie sal jy R750 opdok.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |