Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
12-jarige gaan nege jaar verbeteringskool toe ná moord
Kaapstad. – Die 12-jarige seun van Klawer wat gister skuldig bevind is op die bylmoord van ’n agtjarige skoolmaat, gaan in ’n verbeteringskool bly totdat hy oor nege jaar mondig is. Die seun het gister ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan. Hy sal, sodra hy 21 jaar oud is, die verbeteringskool kan verlaat. Die skool word nou gebou. Hy sal intussen steeds by die Bosasa-jeugsentrum op Clanwilliam gehuisves word totdat die verbeteringskool klaar gebou is. Volgens die ondersoekbeampte, kapt. Jonathan Morris, het die 12-jarige skuld beken op aanklag van moord in die Vredendal-streekhof. Die moord op die agtjarige Wilfred Kriel in Mei verlede jaar het dié dorp geruk. Daar is vroeër beweer Wilfred was op pad huis toe van die skool af. Hy is in die bosse ingelok, aangerand en toe met ’n tuisgemaakte byl doodgekap. Twee van sy skoolmaats (die twaalfjarige en ’n agtjarige seun) is dieselfde dag in hegtenis geneem nadat hulle aan ander leerlinge van die Primêre Skool Nieuwoudt Wilfred se bebloede lyk in bosse agter ’n woonbuurt op die dorpie gaan wys het. Die klag teen die agtjarige is in Desember verlede jaar teruggetrek.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|